Gewas groei en ontwikkeling | Kynoch Fertilizer
BEMESTING: slaggate in interpretasies en aanbevelings
BEMESTING: slaggate in interpretasies en aanbevelings
’n Teken van die inligtingsera waarin ons leef, is die feit dat produsente goed ingelig is. In ’n oogwenk word inlighting vanaf webtuistes bekom. Dit bring mee dat ’n produsent sommer self ’n paar berekeninge kan maak oor bemesting. Die inligtingsera bevat egter ’n klompie slaggate waarvan gebruikers bewus behoort te wees. Insig in die waarom, hoekom en oorsprong van tabelle en norme is nodig vir veilige interpretasies.
’n Gewilde berekening wat gemaak word wanneer dit kom by mieliebemesting, is dié van peile vir stikstof (N), fosfaat (P) en kalium (K) deur verwyderingsyfers te gebruik en met verwagte opbrengs te vermenigvuldig (mielieverwyderingsyfers in Tabel 1 aangedui).
Die inligtingsera bring mee dat ’n produsent sommer self ’n paar berekeninge kan maak oor bemesting.
As voorbeeld kan die benadering vanuit Tabel 1 demonstreer word: die NPK-peile vir mieliegraanverwydering van ’n 5 t/ha-graanopbrengs word bereken deur vyf te vermenigvuldig met 14,8, 3,1 en 4 vir ’n bemestingsbenadering van ongeveer 74 kg N, 15,5 kg P en 20 kg K per hektaar. ’n Meerderheid van berekeninge aanvaar dus dat die hoeveelheid NPK-bemesting dieselfde as graanonttrekking gaan wees; dus ’n 1:1-verwantskap tussen graanverwydering en bemesting aan die grond. Hierdie is ’n “agteruit-boer”-handeling, aangesien (a) die verwydering van voedingselemente na plantmateriaal ook plaasvind en nie slegs na mieliepitte nie; asook (b) dat daar verliese in die grond plaasvind wat agterweë gelaat word.
Die netto effek is dat meer voeding onttrek word as wat gedeponeer word. Dit is om hierdie rede dat die N-aanbevelingstabel in Fertasa se Bemestingshandleiding (2016) nie net op opbrengs alleen berus nie, maar gegrond is op totale N-opname en N-lewering by verskillende klei-inhoude (Tabel 2).
Duidelik varieer die voorgestelde N-peile vanuit Tabel 2 vir ’n klei-inhoudreeks tussen 1% en +50%, tussen 123 en 60 kg/ha. Dit verskil betekenisvol van die berekende voorbeeld van 74 kg/ha N (soos bo), wat sal behels dat op kleigrond voldoende N voorsien sou wees, maar heeltemal te min op ’n sanderige grond. Van die 1:1-verhouding waarvan vroeër melding gemaak word, is daar tussen die genoemde N-peil-waardes oor klei-inhoud heen slegs sprake by meer klei-tipe gronde, maar geensins by sandgronde nie. Dit stem ooreen met die Mielie-inligtingsgids van die Landbounavorsingsraad (LNR) waarin melding gemaak word van stikstofbehoeftefaktore. In die geval van Tabel 2, is die N-behoeftefaktore in die syfers ingewerk.
In Fertasa se Bemestingshandleiding (2016) word ook aan duidings verskaf oor die hantering van bemestingsnorme vir P en K. Produsente word versoek om met kundiges te skakel en erkende publikasies te raadpleeg oor bemestingsnorme. Dit bly egter belang rik om voedingsvlakke in die grond deur erkende ekstraksies te laat bepaal en in ag te neem gedurende bemestingsberekeninge.
Bronne
1 Fertasa. 2016. Bemestingshandleiding.
2 LNR-Instituut vir Graangewasse. Mielie-inligtingsgids. Potchefstroom.
Deur: Chris Schmidt en Hentie Cilliers, Kynoch
The post BEMESTING: slaggate in interpretasies en aanbevelings first appeared on Kynoch Fertilizer.
Die effek van swak gronddeurlugting en –verdigting op plant- en wortelgroei
Die effek van swak gronddeurlugting en –verdigting op plant- en wortelgroei
Grondverdigting, swak gronddeurlugting, lae suurstofvoorsiening en versuipte toestande word meestal tegelykertyd waargeneem, of in assosiasie met mekaar, maar eersgenoemde drie kan ook afsonderlik van versuipte toestande voorkom.  Bogenoemde verskynsels het sekere direkte en indirekte invloede op plant- en wortelgroei.  Alle negatiewe invloede van grondverdigting is nie noodwendig as gevolg van swak deurlugting nie. Die indirekte invloede geld by ‘n langdurige gebrek aan suurstof.
Porositeit, lae vlakke van suurstof, wortelrespirasie, produksie van nadelige produkte:
Wanneer ‘n plant verby die saailingstadium is, dien die grondlug as bron van suurstof. Die suurstofinhoud neem skerp af met ‘n laer porositeit. Porositeit verlaag met toename in verdigting. Wanneer die grondporositeit verminder tot benede 10-12%, word die suurstofaanvulling baie stadig en sal die meeste plante gestrem word. ‘n Treffende voorkoms van sulke plante is hul bleek kleur. Wanneer mikrobe-aktiwiteit en wortelaktiwiteit hoog is, word ‘n nog hoër porositeit vereis om nog hoër suurstofvlakke te voorsien. By alle plantspesies sal wortelgroei behou word by ‘n suurstofvlak van 0.5%, maar slegs vir ‘n beperkte tydperk. Hierteenoor blyk dat alle spesies wortelgroei by ‘n suurstofinhoud van 2% te behou, maar die koolstofdioksiedinhoud mag nie 30-50% oorskry nie. Wortelgroei kan egter by ‘n lae suurstofkonsentrasie plaasvind, met voorbehoud dat suurstofvoorsiening teen ‘n konstante tempo plaasvind. Tydens ‘n proef op appelbome is gevind dat die wortelgroei by ‘n suurstofkonsentrasie van 1%, gebaseer op die droëmassa daarvan, slegs 35% was van die van ‘n boom onder normale omstandighede. Dus by ‘n afname in suurstofvoorsiening sal die groei, soos bepaal deur die groenmassa, die hoeveelheid blare, die blaaroppervlakte, en die wortelgroei, afneem. Verder het geen groei by sitrussaailinge voorgekom wat vir 8 dae met 37% koolstofdioksied, of vir 12 dae met 55% koolstofdioksied deurlug is nie. By rose is gevind dat die wat onder normale toestande op ‘n goed deurlugte grond gegroei het, se wortels dubbel so lank was as die wat op ‘n swak deurlugte grond gegroei het. Die vermoë van wortels om digte gronde te penetreer, kan voorsien word deur suurstof aan die wortelpunte te voorsien – eksperimenteel kan dit deur kalsiumperoksied-voorsiening teweeggebring word.
Met ‘n afname in suurstofkonsentrasie, neem die respirasietempo van die wortels ook af. Wortelrespirasie is die mees beïnvloedbare aspek van plantaktiwiteit in verhouding met gronddeurlugting en ‘n afname in respiratoriese aktiwiteit is die eerste stap in groeibeperkings in swak deurlugte gronde. Die uitsluiting van suurstof veroorsaak ‘n verandering van metabolisme na fermentasie. Etanolvorming geskied in ontkiemende sade, sowel as in wortels onder swak deurlugte toestande. Dit word gekoppel aan die plant se vermoë om onder versuipte toestande te probeer oorleef. Etanolproduksie is hoër by plante wat skielik aan swak deurlugte toestande onderwerp word, as die wat vir lang tydperke onder anaërobiese toestande groei. Verder vind by toestande van swak deurlugting en geen beskikbare suurstof ook die produksie van etileen en ouksiene plaas. Etileen word in die lote van die plante geproduseer wat blaarsteel-epinasie veroorsaak – die verandering in die hoek tussen die petiool en die stam. Ouksienproduksie veroorsaak direk of indirek die afwaartse buiging van blare van plante, die groei en ontwikkeling van bywortels, asook ontydige afspeen van reproduktiewe strukture of materiaal. Dit beïnvloed ook selverdeling nadelig.
Wortelgroei en –ontwikkeling
‘n Direkte negatiewe korrelasie bestaan tussen die brutodigtheid en die vermoë van wortels om in grond met ‘n lae porositeit te kan groei en ontwikkel. Wortels in ‘n verdigte grond verskil baie van dié in normale grond, deurdat dit baie korter, dikker en gekartel is, asook oor ‘n hoër droëmateriaalinhoud beskik. Die wortelrespirasietempo (koolstofdioksiedproduksie per eenheidswortelmassa) neem skerp toe met ‘n toename in brutodigtheid, veral by hoë suurstofvlakke. By ‘n goed deurlugte media is wortels gewoonlik lank, lig, gekleurd en wel voorsien met wortelhare. By die afwesigheid van voldoende suurstof, het wortels ‘n dikker voorkoms, korter, donkerder en minder wortelhare as gewoonlik. By gars op ‘n swak deurlugte grond byvoorbeeld, het ongeveer 225 wortels per plant gevorm, met ‘n gemiddelde lengte van 10.9 cm. Op die goed deurlugte grond het 75 wortels per plant gevorm, met ‘n gemiddelde lengte van 37.4 cm. Die wortels op die swak deurlugte gronde was ook 15% dikker in deursnee.
Grondtemperatuur
Normaalweg hoe hoër die temperatuur van die grond is, hoe hoër moet die konsentrasie suurstof in die grondatmosfeer vir normale wortelgroei wees. Dit is a.g.v. die toenemende oplosbaarheid van suurstof in die grondoplossing met ‘n toename in temperatuur. Alhoewel spesies verskillend reageer op lae suurstofkonsentrasies, sal almal egter by ‘n lae suurstofkonsentrasie groei staak. Dus, indien ‘n grond verdig is en geassosieer is met swak deurlugting en gevolglike laer vlakke van suurstofvoorsiening, sal die nodige kompensasie i.t.v. verhoogde suurstofvoorsiening nie kan plaasvind by verhoogde temperature nie.
Die grondwaterinhoud beïnvloed die grondtemperatuur wat op sy beurt ‘n impak het op wortelgroei. ‘n Afname in grondwaterinhoud veroorsaak gewoonlik hoër grondtemperature gedurende die dag en laer temperature gedurende die nag.
Plantvoedingstowwe
Vanuit proewe met soja en sonneblom is gevind dat die totale hoeveelheid suiker, stysel, stikstof, kalsium, kalium, magnesium en fosfaat meer was in die droëmateriaal van die plante wat op goed deurlugte grond gegroei het, as die op die swak deurlugte grond.  ‘n Tekort aan suurstof in die grond veroorsaak die volgende versteurings op sekere plantvoedingstofopnames :
Stikstof – Veranderinge in plante a.g.v. lae suurstofvlakke verskil tussen en selfs binne plantspesies. By ‘n lae suurstofvoorsiening is stikstofopname altyd laer. ‘n Indirekte invloed van swak deurlugting en versuipte toestande sal die omsettings tussen NH4+ en NO3-, wees, asook gevolglike verliese d.m.v. vervlugtiging.
Fosfaat – By ‘n lae suurstofvoorsiening (soos versuipte toestande) neem fosfaatopname heeltemal af. Na twee dae translokeer fosfaat vanaf die oudste blare na die jongstes. Na ‘n periode van twee weke sal 80% van die fosfaat in die jongste blare aangetref word. Verhoogde koolstofdioksied verhoog ook die fosfaatinhoud in die grondoplossing, wat weer ‘n afname in ysteropname veroorsaak.
Kalium – Toestande van lae suurstofvoorsiening sal ‘n afname van kalium in alle dele van ‘n plant toon. Waarskynlik is kalium die gevoeligste element t.o.v. ‘n gebrek aan suurstof.
Kalsium en Magnesium  –       Hierdie twee elemente bly minder afhanklik van gronddeurlugting as N, P en K.
Natrium – Onder swak deurlugte toestande sal die Na-inhoud van stingels verhoog.
Chloor – Onder swak deurlugte toestande, of suurstoftekorte, neem die Cl-inhoud van wortels af en die inhoud in stingels verhoog. Opname van Cl verhoog.
Mikro-elemente – Die absorpsie van mikro-elemente neem af.
Waterabsorpsie
Onvoldoende deurlugting sal die opname van water direk verlaag en indirek, swak wortelgroei. Water word d.m.v. passiewe en aktiewe absorpsie opgeneem. By passiewe absorpsie is die wateropname deur die wortel afhanklik van die respiratoriese aktiwiteite, terwyl aktiewe absorpsie afhanklik is van aërobiese respirasie deur die betrokke plantwortels. Passiewe absorpsie is verreweg die belangriker meganisme van wateropname, terwyl slegs ‘n klein hoeveelheid water deur die tweede meganisme opgeneem word. Dus is afname in wateropname d.m.v. swak deurlugting op die passiewe absorpsie groter as wat deur aktiewe absorpsie voorsien kan word aan die plant. Die afleiding word dus gemaak dat die aanvanklike afname in wateropname eerder a.g.v. ‘n oormaat koolstofdioksied is, as van ‘n te lae suurstofinhoud.
Ontkieming van sade
In alle gevalle word ontkieming vertraag deur ‘n te hoë koolstofdioksied en ‘n te lae suurstofteenwoordigheid.
Plantsiektes
Die grootste indirekte invloed is waarskynlik plantsiektes wat a.g.v. ‘n tekort aan suurstof en/of die oormaat aan koolstofdioksied, die groei en leeftyd van die patogeen kan beïnvloed, asook die vatbaarheid van die gasheerplant kan verhoog.
Voorkoming van verdigting
Diep bewerkingsaksies moet uitgevoer word wanneer die grondvoginhoud laag genoeg is sodat die grond opbreek tydens bewerking, maar nie smeer nie. Meestal lewer spoorverkeer ‘n groter bydra tot verdigting, as implemente self. Deur spoorverkeer te beperk tot die minimum, asook die regte bewerking by die regte grondvogtoestande te beperk, kan verdigting tot die minimum beperk word – dus blyk beheerde spoorverkeer ‘n antwoord te wees.
Verwysings
Root growth through porous media, Soil Sci. Soc. Am. Proc., 29:290-293, 1965.
The Nature and properties of soils, Brady, 8th & 9th Editions,  Cornell University, New York, 1974 & 1984.
The importance of aeration in providing the right conditions for plant growth, J. Sci. Food Agric., 13:380-385, 1962.
Aeration and its role for plants, Glinski & Stepniewski, Institue of Agrophysics, Poland, 1983.
Soil aeration and plant growth, Adv. Agron., 18:57-106, 1966.
Effects of bulk density, aggregate size and soil-water suction on oxygen diffusion, redox potentials and elongation of corn roots, Soil Sci. Soc. Am. Proc., 32:180-186, 1968.
Introduction to soil physics, Hillel, 1982.
Soil factors affecting tree growth and root development in a citrus orchard, S. Afr. J. Plant Soil, 1(2), 1984.
Soil conditions and plant growth, Russel, 10th Edition, 1973.
Soil physical conditions and plant growth, Russel (ed. Shaw), Academic Press, 1952.
Effect of bulk density on root growth, Soil Sci., 91:280-288, 1961.
Modern Corn and Soybean Production, 1st Edition, Hoeft, Nafziger, Johnson & Aldrich, MCSP Publications, 2000.
Saamgestel deur Dr Chris Schmidt en Andre Prins
The post Die effek van swak gronddeurlugting en –verdigting op plant- en wortelgroei first appeared on Kynoch Fertilizer.
KYNOCH se spesialisreeks verhoog voedingsdoeltreffendheid
KYNOCH se spesialisreeks verhoog voedingsdoeltreffendheid
Jason Sparrow Pr.Sci.Nat.
Die KYNOCH slagspreek: “Verbeterde doeltreffendheid deur innovasie” word nie net gesê nie, dit word toegepas met produkte wat waarde toevoeg en wat effektiwiteit verhoog om maksimum opbrengs te onsluit. Met die verhoogte inset kostes moet produsente alhoemeer risikos verlaag en bestuur.
Die gespesialiseerde Kynoch korrel (Ultra Reeks) en vloeibare (Opti en Auquatech) reekse is een van die bestuurs strategieë wat ‘n produsent kan gebruik om meer effektief te wees met voeding, asook om verliese te verlaag en beperk. Voedingselemente essensieel vir optimale gewas produksie word blootgestel aan verliese wat plaasvind in die grond. Verliese soos vervlugtiging, loging en vaslegging net om ‘n paar te noem, verlaag die doeltreffendheid van kunsmis drasties. Die grondchemiese en -fisiese eienskappe wat so ‘n groot rol speel, word in ag geneem met die formulering van die beste gewas-spesifieke voedingsprogram. Die diagram hieronder wys die voorbeeld van ‘n pyp met gate, en die gate simboliseer die verskeie verliese in die grond. Kynoch probeer die verliese beperk met korrekte toediening van gespesialiseerde produkte.
Die gespesialiseerde Kynoch korrel (Ultra Reeks) en vloeibare (Opti en Auquatech) reekse is een van die bestuurs strategieë wat ‘n produsent kan gebruik om meer effektief te wees met voeding, asook om verliese te verlaag en beperk. Voedingselemente essensieel vir optimale gewas produksie word blootgestel aan verliese wat plaasvind in die grond. Verliese soos vervlugtiging, loging en vaslegging net om ‘n paar te noem, verlaag die doeltreffendheid van kunsmis drasties. Die grondchemiese en -fisiese eienskappe wat so ‘n groot rol speel, word in ag geneem met die formulering van die beste gewas-spesifieke voedingsprogram. Die diagram hieronder wys die voorbeeld van ‘n pyp met gate, en die gate simboliseer die verskeie verliese in die grond. Kynoch probeer die verliese beperk met korrekte toediening van gespesialiseerde produkte.
Voordele van vloeibare kunsmis:
KYNOCH is baie trots op die gehalte van die vloeibare produkreeks en het van die beste voeibare aanlegte in Afrika. Met vloeibare kunsmis word hoogs plantopneembare nutriënte toegedien direk in die grondoplossing van die wortelsone of rhizosfeer. Dit verhoog die effektiwieit van die nutriënte want dit word dadelik opgeneem deur die wortels. Die vloeibare kunmis word ook op die regte groeistadiums van die gewas toegedien. Die voedingsdoeltreffendheid word verder verhoog deur verbeterde grond penetrasie in die wortelsone deur middele van die vloeibare kunsmis. Hierdie is veral voordelig met fosfaat wat baie moeilik beweeg in die grond. Nog ‘n groot voordeel van vloeibare kunsmis is dat dit maklik hanteerbaar is. Pompe en pype doen meeste van die werk en die toediening daarvan is ook baie akkuraat en egalig. Vloeibaar is ook baie aanpasbaar en daar is ‘n groot verskeidenheid produkte met kombinasies van makro-, sekondêre asook mikro-voedingselemente. Hierdie sinergie tussen die essensiële voedingselemente dra by om ‘n balanseerde voedingsbeginsel te kan volg. Hierdie beginsel maksimaliseer opbrengs en kwaliteit, terwyl verliese minimaliseer word. Die foto hieronder wys voorbeelde van die verskillende vloeibae produkte.
Kynoch spesialis vloeibare produk reeks (Opti en Aquatech):
Die toepassing van ‘n gebalanseerde voedingstrategie is een van die belangrikke voedingsbeginsels om te volg. Die interaksie tussen voedingselemente in kombinasie met mekaar in ‘n vloeibare mengsel is noodsaaklik vir plante op ‘n fisiologiese en biochemiese vlak. Vloeibare voedingsprodukte word dus volgens gewas en groeistadium spesifiek geformuleer. Daar is ‘n groot verskiendenheid van produkte met gespesialiseerde kombinasies nutriënte, toepasbaar vir alle omstandighede en gewasse. Kwaliteit vloeibare produkte is altyd die hoogste prioriteit by Kynoch met die gespesialiseerde HpH reeks wat geskik is vir spilpunttoediening asook plant mengsels vir planters. Die Kynoch “Opti” reeks is ‘n unieke reeks wat net by Kynoch beskikbaar is. Die “Opti” reeks gebruik nanotegnologie om die opname van voedingselemente deur die wortels te verbeter. Die tegnologie help ook om die voedingselement beter te verspei binnie-in die plantsel wat die funksionaliteit van die elemente verhoog. Nuwe studies bewys dat die “Opti” reeks verlaag ook die loging van die kunsmis wat ‘n ongelooflikke voordeel is, die grafiek hieronder wys dat na 4 weke die kunsmis nog nie geloog het nie, soos in vergelyking met die ander sonder die Opti.
Die Kynoch “Aquatech” reeks is ‘n spesialiteitsreeks wat uniek en pasgemaak is vir hoë waarde gewasse soos pekanneute, groente en vrugte. Die “Aquatech” reeks is ‘n lae-chloor, nitraat gebasseerde produk wat fokus op die noodsaaklikke katione soos kalium (K), kalsium (Ca) en magnesium (Mg).
Kynoch spesialis Korrel produk reeks (Ultra):
Gewasse het al die essensiële elemente nodig om optimaal te produseer en dit sluit mikro-elemente ook in. Die Ultra® reeks is ‘n doeltreffende manier om ‘n gebalanseerde voedingsbenadering te kan volg. Die Ultra® reeks bevat hoogs gekonsentreerde mikro-elemente wat die korrelkunsmis bedek. Die vlagskip uit die reeks is die Ultra Starter®.
Ultra 2:3:2 (Links) met ‘n baie sterker wortelstelsel teenoor waar ‘n ander kunsmismengsel gebruik was (Regs). Foto krediet: Edward Dwyer
Om verder inligting te bekom oor voedingsbegingsels, kontak gerus vir KYNOCH by 0828055177 of epos jason.sparrow@kynoch.co.za .
KYNOCH: Verbeterde doeltreffendheid deur innovasie.
Kontak jou naaste Kynoch-landboukundige of verteenwoordiger om jou spesifieke behoeftes te bespreek.
Kontakbesonderhede kan gevind word by https://www.kynoch.co.za/contacts/
+27 (0)11 317 2000 – info@kynoch.co.za – www.kynoch.co.za
The post KYNOCH se spesialisreeks verhoog voedingsdoeltreffendheid first appeared on Kynoch Fertilizer.
Gee sojabone hupstoot met dié reeks – Ultra-soja!
Gee sojabone hupstoot met dié reeks – Ultra-soja!
Inleiding:
Sojaboonproduksie in Suid-afrika het oor die laaste dekade drasties toegeneem tot ‘n rekord produksie-oppervlakte gedurende 2022/2023. Gedurende hierdie seisoen het die oppervlak aangeplante sojabone dié van geel mielies verbygesteek1.
Die fokus van navorsing in Suid-Afrika het saambeweeg met dié neiging. Die sukses van elke kommersiële gewas lê in die kennis wat die produsent tot sy beskikking het, gesamentlik met innoverende praktyke wat die produksie van die gewas effektief verbeter. In Kynoch is die fokus op innovasie en opbrengsbevordering om waarde tot die produsent se praktyk te voeg.
Mikro-elemente en hulle funksie in sojabone
Gedurende die afgelope dekade het plantvoeding baie gefokus op mikro-element voeding, sowel as dié van makro-elemente. Verskeie studies plaaslik, en internasionaal, dui op betekenisvolle soja-opbrengsreaksie as gevolg van mikro-element toedienings2. Onderstaande Tabel 1 fokus op mikro-elemente wat ‘n beduidende verskil in sojaboonproduksie kan bewerkstellig.
Tabel 1: Mikro-elemente en hulle funksie in sojabone
Element
Funksie
Zn (Sink)
Chlorofilproduksie, sintese van nukleïen sure, verhoogde ouksien metabolisme
B (Boor)
Koolhidraatvorming, stuifmeelintegriteit en ontkieming, selwand- en plant metabolisme
Cu (Koper)
Stikstof- en hormoonmetabolisme, chlorofilproduksie, saadproduksie, voorkoming van swamsiektes
Mn (Mangaan)
Verhoogde aktivering van ensiematiese prosesse, effektiewe proteïensintese, verhoogde nitraatreduksie
Mo (Molibdeen)
Verhoogde fosfor- en ystermetabolisme, reduksie van nitrate, stikstofbinding
Fe (Yster)
Chrlorofilproduksie, katalisator in selverdeling
Co (Kobalt)
Stikstofbinding, algehele plantgroei (stam vorming)
Mikro-element opname en beweging
Wanneer effektiwiteit van mikro-element toediening oorweeg word, is dit duidelik dat in-voor toediening hoogs effektief is. Bykans alle noodsaaklike mikro-elemente vir sojaboonproduksie (B, Cu, Mn, Mo, Co), word hoofsaaklik gedomineer deur massa-vloei opname deur die wortels.  Effektiwiteit van voedingsopname is direk afhanklik van die aantal, volume, lengte en verspreiding van plantwortels, dus die droë-massa. Indien bogenoemde effektief bestuur word kan die opname van alle voedingselemente verbeter word.
Oorsig van die Ultra-reeks
Meeste sisteme is beperk tot voor plant-, tydens plant, en/of een bobemesting van kunsmis. Die fokus van die Ultra-reeks is om die mees effektiefste toediening van mikro-elemente op sojabone te bewerkstellig, dus naby die saad.
Die Ultra-konsep is beskikbaar op ‘n wye reeks kunsmismengsels, wat voedingstowwe kan insluit soos stikstof, fosfor, kalium, kalsium, magnesium en swael. Mikro-elemente word op korrels geplaas in nano-fyn vorm. Nano-fyn beteken dat die inhoud van die bedekking fyn genoeg is om direk deur die plantwortels opgeneem te kan word. Mikro-elemente word op elke korrel van die kunsmismengsel geplaas om te versker dat plantopname optimaal kan geskied.
Resultate
Sojabone is bekend vir goeie groeireaksie op mikro-element toediening. Tesame met mikro-element voeding, is swael van kritiese belang in die bemestingsprogram. In onderstaande Tabel 2 word kern proefdata aangetoon.
Tabel 2: Die effek van verskeie plantmengsels op die opbrengs van sojabone
Produk
Opbrengs (kg/ha)
Opbrengsverhoging (kg/ha)
OOB
1.2.4
3277
1.2.4 + 5% S
3580
303
6
Ultra 1.2.4 + 5% S
3854
577
86
*OOB (%) – Opbrengs op Belegging
Duidelik het die insluiting van mikro-elemente, tesame met swael in die plantmengsel, ‘n reuse positiewe verskil gemaak in opbrengs. Die resultate word weereens beklemtoon in die opbrengs op belegging (OOB). Die plantmengsel met swael het ‘n 6% opbrengs op belegging gelewer, terwyl die Ultra-reeks ‘n reuse 86% opbrengs op belegging gelewer het. Dit is duidelik dat die Ultra-reeks die plant effektief voorsien van nodige mikro- en makro-elemente, sonder om die risiko van produksie te verhoog.
Gevolgtrekking
Met grootskaalse verskuiwing na die produksie van sojabone is dit belangrik om risiko meer effektief te verlaag en om die potensiaal vir opbrengs te verhoog. Met die beproefde Ultra-benadering is innovasie op die voorstoep! Die Ultra-benadering bied ‘n reeks van plantvoedingselemente in een pakket vir doeltreffende en effektiewe waardetoevoeging tot sojaboonproduksie.
Skakel vandag nog jou naaste Kynoch landboukundige of verteenwoordiger oor u spesifieke behoeftes. Die Ultra-weg, is ‘n uitstekende weg!
Verwysings
1  –   USDA. 2023. South Africa Soybean Area Rapidly Increases. https://ipad.fas.usda.gov/highlights/2023/05/SouthAfrica/index.pdf Date of access: 5 September 2023.
2  –   Barbosa, J.M., Rezende, C.F.A., Leandro, W.M., Ratke, R.F., Flores, R.A. & da Silva, A.R. 2016. Effects of micronutrients application on soybean yield. Australian Journal of Crop Science , 10(8): 1092-1097.
Saamgestel deur Ruan Gagiano, ruan.gagiano@kynoch.co.za, 0824601773
Gee sojabone hupstoot met dié reeks – Ultra-soja!
Klik hier vir meer inligting English | Afrikaans
Skakel vandag nog jou naaste Kynoch landboukundige of verteenwoordiger oor u spesifieke behoeftes.
Die Ultra-weg, is ‘n uitstekende weg!
https://www.kynoch.co.za/contacts/
Klik hier vir die aflaaibare PDF
The post Gee sojabone hupstoot met dié reeks – Ultra-soja! first appeared on Kynoch Fertilizer.
LEEF IN INNOVERING
LEEF IN INNOVERING
Dr Chris Schmidt, senior landboukundige, Kynoch
Dit is ons leuse en uitkyk. Kynoch glo in superieure praktyke in gewasproduksie; dit vorm die basis van stabiele en volhoubare produksiesisteme. Selfs met die beste en duurste tegnologie, as die basis van goeie praktyke (basics) nie reg en in plek is nie, bou die produsent tevergeefs. Kynoch deurdink deurentyd konsepte, want konsepte lei tot die ontwikkeling van superieure produkte; en nie andersom nie.
Twee sulke konsepte is beskikbaar, maar is nog nie ten volle deur Suid-Afrikaanse graanprodusente in graanverbouing ingespan nie. Twee van die grootste vyande van die saaiprodusent is verliese en oneffektiwiteit. Produsente wil nie onnodig “mors” deur te veel kunsmis te gee nie; maar slegs dit wat nodig is om ’n oes af te haal asook om grond op te bou (nie te myn nie). Tweedens moet verliese soveel as moontlik bekamp word. Met trots wil Kynoch weer eens aan die produsent die beskikbaarheid van urease-gestabiliseerde ureum (KynoPlus) en mikro-element-beklede korrelkunsmis (Ultra) voorhou.
KynoPlus
Aan die Suid-Afrikaanse graanprodusent is die konsep van ’n ureaseinhibeerder al heelwat gekommunikeer. Die pragtige blou korrels van KynoPlus is welbekend in die mark; die blou kleur is die kenmerk dat gewone wit ureumkorrels met ’n urease-inhibeerder behandel, oftewel bedek of beklee, is. Om die effektiwiteit van hierdie behandeling te illustreer, word die meegaande foto (Foto 1) van korrels wat deurgesny is, aangetoon. Die korrels is deurweek met die ureasebehandeling.
Die behandeling en kleur is nie net aan die buitekant van die korrel sigbaar nie, maar die hele korrel is deurweek. ’n Urease-inhibeerder word gebruik om vervlugtigingsverliese van stikstof tydens omskakeling vanaf ureum na ammonium te beperk. Sulke verliese onder verskillende toestande kan tot selfs 45% van toegediende stikstof wees.
’n Verdere aspek waaroor te min gepraat word, is die versagting van die ureum-karakter deur urease-inhibering. Normaalweg kan onbehandelde ureum die gevaar van saailingbrand skep waar dit te naby aan ontkiemende saad geleë is. Met die oplos en omskakeling na ammonium, word ammoniak vrygestel wat super toksies is vir ontkiemende saad. Deurdat ureum met ’n ureaseinhibeerder beklee word, vind omskakeling na ammonium stadiger plaas en doodbrandrisiko word aansienlik verminder. Gevolglik kan KynoPlus baie meer soos KAN as gewone wit ureum (onbehandel) aangewend word.
Ultra
Daar is ook al heelwat met die graanprodusent gekommunikeer oor die Kynoch Ultra-konsep. In Foto 2 word ’n deursnit van ’n enkele korrel vanuit ’n mengsel geneem aangedui. ’n Duidelike bruingeel bekleedsellaag rondom die korrel is opvallend. Hierdie bekleedsel sal nie maklik afvryf nie en is stewig aan die korrel geheg. Die konsep se effektiwiteit vanuit die aanleg, na die produsent, en na die grond by die gewas se “voete”, is stewig gesetel. Vanaf die vroegste oomblikke in die groeisiklus van die gewas is mikro-elemente “op ’n skinkbord” beskikbaar vir opname; dus deur alle kritieke periodes van behoefte en aanvraag. Trots effektief, ook vir sojabone.
Kynoch se Ultra-reeks bied mikro-elementbeklede korrelkunsmis.
’n Deurgesnyde Ultra-korrel geneem vanuit ’n kunsmismengsel om die bekleedsel van mikro-elemente aan te toon (foto-erkenning aan J Sparrow).
Vir meer inligting kontak dr Chris Schmidt, senior landboukundige van Kynoch by 0828858134 of stuur ’n e-pos na chris.schmidt@kynoch.co.za. Kontak u Kynoch-verteenwoordiger en -landboukundige om meer uit te vind oor hierdie produkte of om u bestellings te neem.
Klik hier vir aflaaibare PDF-weergawe
Klik hier vir meer inligting English | Afrikaans
Kontak jou naaste Kynoch-landboukundige of verteenwoordiger om jou spesifieke behoeftes te bespreek.
Kontakbesonderhede kan gevind word by https://www.kynoch.co.za/contacts/
+27 (0)11 317 2000 – info@kynoch.co.za – www.kynoch.co.za
The post LEEF IN INNOVERING first appeared on Kynoch Fertilizer.
KynoPrecise – Die tegnologiese “oog”
Die tegnologiese “oog”
Die algemeen gebruiksterm, presisieboerdery, omsluit alles vanaf chemiese grondkaarte tot plaas-implemente.  Hoe meer presisieboerdery deur ‘n produsent toepas word, hoe groter word die behoefte na meer inligting, sinvolle hantering, asook stoorplek, hiervan.  Van bykans elke aksie wat op ‘n gegewe land of tydstip uitgevoer word, kan ‘n kaart gemaak word.  Die uitdaging is egter om al hierdie inligting op so ‘n manier te kan stoor, dat daar op enige tydstip vergelykings gemaak kan word, vir moontlik bemestingsbeplanningsaanpassings.  KynoPreciseTM is die ideale instrument vir hierdie uitdaging!
KynoPreciseTM is ‘n sagteware-toepassing wat beskikbaar is in die Apple iStore (Android weergawe word binnekort vrygestel) vir Kynoch kliënte.  Op die toepassing word gemerkte lande geregistreer om NDVI-beelde (normalized difference vegetation index images) vanaf twee verskillende satelliete, elke twee weke, te kan ontvang.  Hierdeur word tydige beelde verseker wat help om gewasveranderinge binne ‘n kort vensterperiode te kan uitwys.  Indien nodig, kan intydse bemestingsaanpassings gemaak word.  Die KynoPreciseTM-toepassing is dus baie handig om byvoorbeeld proewe op so ‘n wyse te kan monitor, of om op besproeiingslande probleme met besproeiingspakkete, waar byvoorbeeld te min, of te veel, water toegedien word, uit te wys (laer NDVI-lesings).  KynoPreciseTM het ook die vermoë om verskillende tipe kaarte met mekaar te vergelyk om te sien of daar ooreenstemming tussen afwykings, of verskynsels, is.  So word twee verskillende kaarte in Figure 1 en 2 met mekaar vergelyk.  In Figuur 1 word ‘n mielie-opbrengskaart gedurende die 2019 seisoen aangetoon.  Die rooi kleur dui ‘n laer opbrengs aan, terwyl die groen gedeeltes weer ‘n hoër opbrengs aandui.  In Figuur 2 word die land se bogrond-K-vlakke, aangedui.  Weereens word lae K-vlakke aangedui deur ‘n rooi kleur en hoë vlakke deur ‘n groen kleur.  In Figure 1 en 2 kan redelike goeie ooreenstemming tussen die beelde waargeneem word.
NDVI-beelde vanaf KynoPrecise
KynoPreciseTM is ‘n toepassing wat die produsent die vermoë gee om ‘n gewas se groei en ontwikkel gedurende ‘n seisoen te kan monitor.  So kan byvoorbeeld graanbemarkingsbesluite vergemaklik word.  KynoPreciseTM is beslis ‘n aanwins vir enige produsent.
Om meer hieroor uit te vind, skakel gerus:
PJ Fryer
pj.fryer@kynoch.co.za
+27 (0) 76 402 8445
The post KynoPrecise – Die tegnologiese “oog” first appeared on Kynoch Fertilizer.