PJ Fryer
Die algemeen gebruiksterm, presisieboerdery, omsluit alles vanaf chemiese grondkaarte tot plaas-implemente. Hoe meer presisieboerdery deur ‘n produsent toepas word, hoe groter word die behoefte na meer inligting, sinvolle hantering, asook stoorplek, hiervan. Van bykans elke aksie wat op ‘n gegewe land of tydstip uitgevoer word, kan ‘n kaart gemaak word. Die uitdaging is egter om al hierdie inligting op so ‘n manier te kan stoor, dat daar op enige tydstip vergelykings gemaak kan word, vir moontlik bemestingsbeplanningsaanpassings. KynoPreciseTM is die ideale instrument vir hierdie uitdaging!
KynoPreciseTM is ‘n sagteware-toepassing wat beskikbaar is in die Apple iStore (Android weergawe word binnekort vrygestel) vir Kynoch kliënte. Op die toepassing word gemerkte lande geregistreer om NDVI-beelde (normalized difference vegetation index images) vanaf twee verskillende satelliete, elke twee weke, te kan ontvang. Hierdeur word tydige beelde verseker wat help om gewasveranderinge binne ‘n kort vensterperiode te kan uitwys. Indien nodig, kan intydse bemestingsaanpassings gemaak word. Die KynoPreciseTM-toepassing is dus baie handig om byvoorbeeld proewe op so ‘n wyse te kan monitor, of om op besproeiingslande probleme met besproeiingspakkete, waar byvoorbeeld te min, of te veel, water toegedien word, uit te wys (laer NDVI-lesings). KynoPreciseTM het ook die vermoë om verskillende tipe kaarte met mekaar te vergelyk om te sien of daar ooreenstemming tussen afwykings, of verskynsels, is. So word twee verskillende kaarte in Figure 1 en 2 met mekaar vergelyk. In Figuur 1 word ‘n mielie-opbrengskaart gedurende die 2019 seisoen aangetoon. Die rooi kleur dui ‘n laer opbrengs aan, terwyl die groen gedeeltes weer ‘n hoër opbrengs aandui. In Figuur 2 word die land se bogrond-K-vlakke, aangedui. Weereens word lae K-vlakke aangedui deur ‘n rooi kleur en hoë vlakke deur ‘n groen kleur. In Figure 1 en 2 kan redelike goeie ooreenstemming tussen die beelde waargeneem word.
KynoPreciseTM is ‘n toepassing wat die produsent die vermoë gee om ‘n gewas se groei en ontwikkel gedurende ‘n seisoen te kan monitor. So kan byvoorbeeld graanbemarkingsbesluite vergemaklik word. KynoPreciseTM is beslis ‘n aanwins vir enige produsent.
Om meer hieroor uit te vind, skakel gerus:
PJ Fryer
Kynoch’s business operation during the national lockdown.
Dear Valued Customers, Suppliers and Stakeholders
Thank you for your patience during this very challenging situation. Arising from the COVID-19 announcement by President Cyril Ramaphosa ordering a national lockdown, we can assure you it will be, as far as possible, business as usual. During the lockdown our focus is on the safety and the well-being of our employees who are at the forefront to support you and your business. We are equally concerned about the safety and continued service to our customers. Therefore, all personnel will be available via email and / or cell phone during this period. We understand you are doing your best to keep food on the tables of South Africans during this time, it is therefore of paramount importance that we join hands with you in continuing to keep the food production supply chain operational.
Our aim is to minimize service disruptions offering the level of quality, responsiveness and support that you have come to expect from Kynoch.
We would like to take this opportunity to thank you for your loyal and ongoing support during these trying times.
Key Contact List during the lockdown period:
Area Marketing Managers
Creditors
Jurgen Smith | jurgen.smith@kynoch.co.za | +27 (0) 83 461 2422
Debtors
Eben Steyn | eben.steyn@kynoch.co.za | +27 (0) 60 972 9987
Head of Finance
Theloshen Moodley | theloshen.moodley@kynoch.co.za | +27 (0) 82 598 2138