LEEF IN INNOVERING
04/12/2023
KYNOCH se spesialisreeks verhoog voedingsdoeltreffendheid
04/12/2023
LEEF IN INNOVERING
04/12/2023
KYNOCH se spesialisreeks verhoog voedingsdoeltreffendheid
04/12/2023

Gee sojabone hupstoot met dié reeks – Ultra-soja!

Inleiding:

Sojaboonproduksie in Suid-afrika het oor die laaste dekade drasties toegeneem tot ‘n rekord produksie-oppervlakte gedurende 2022/2023. Gedurende hierdie seisoen het die oppervlak aangeplante sojabone dié van geel mielies verbygesteek1.

Die fokus van navorsing in Suid-Afrika het saambeweeg met dié neiging. Die sukses van elke kommersiële gewas lê in die kennis wat die produsent tot sy beskikking het, gesamentlik met innoverende praktyke wat die produksie van die gewas effektief verbeter. In Kynoch is die fokus op innovasie en opbrengsbevordering om waarde tot die produsent se praktyk te voeg.

Mikro-elemente en hulle funksie in sojabone

Gedurende die afgelope dekade het plantvoeding baie gefokus op mikro-element voeding, sowel as dié van makro-elemente. Verskeie studies plaaslik, en internasionaal, dui op betekenisvolle soja-opbrengsreaksie as gevolg van mikro-element toedienings2. Onderstaande Tabel 1 fokus op mikro-elemente wat ‘n beduidende verskil in sojaboonproduksie kan bewerkstellig.

Tabel 1: Mikro-elemente en hulle funksie in sojabone

Element Funksie
Zn (Sink) Chlorofilproduksie, sintese van nukleïen sure, verhoogde ouksien metabolisme
B (Boor) Koolhidraatvorming, stuifmeelintegriteit en ontkieming, selwand- en plant metabolisme
Cu (Koper) Stikstof- en hormoonmetabolisme, chlorofilproduksie, saadproduksie, voorkoming van swamsiektes
Mn (Mangaan) Verhoogde aktivering van ensiematiese prosesse, effektiewe proteïensintese, verhoogde nitraatreduksie
Mo (Molibdeen) Verhoogde fosfor- en ystermetabolisme, reduksie van nitrate, stikstofbinding
Fe (Yster) Chrlorofilproduksie, katalisator in selverdeling
Co (Kobalt) Stikstofbinding, algehele plantgroei (stam vorming)

 

Mikro-element opname en beweging

Wanneer effektiwiteit van mikro-element toediening oorweeg word, is dit duidelik dat in-voor toediening hoogs effektief is. Bykans alle noodsaaklike mikro-elemente vir sojaboonproduksie (B, Cu, Mn, Mo, Co), word hoofsaaklik gedomineer deur massa-vloei opname deur die wortels.  Effektiwiteit van voedingsopname is direk afhanklik van die aantal, volume, lengte en verspreiding van plantwortels, dus die droë-massa. Indien bogenoemde effektief bestuur word kan die opname van alle voedingselemente verbeter word.

Oorsig van die Ultra-reeks

Meeste sisteme is beperk tot voor plant-, tydens plant, en/of een bobemesting van kunsmis. Die fokus van die Ultra-reeks is om die mees effektiefste toediening van mikro-elemente op sojabone te bewerkstellig, dus naby die saad.

Die Ultra-konsep is beskikbaar op ‘n wye reeks kunsmismengsels, wat voedingstowwe kan insluit soos stikstof, fosfor, kalium, kalsium, magnesium en swael. Mikro-elemente word op korrels geplaas in nano-fyn vorm. Nano-fyn beteken dat die inhoud van die bedekking fyn genoeg is om direk deur die plantwortels opgeneem te kan word. Mikro-elemente word op elke korrel van die kunsmismengsel geplaas om te versker dat plantopname optimaal kan geskied.

Resultate

Sojabone is bekend vir goeie groeireaksie op mikro-element toediening. Tesame met mikro-element voeding, is swael van kritiese belang in die bemestingsprogram. In onderstaande Tabel 2 word kern proefdata aangetoon.

Tabel 2: Die effek van verskeie plantmengsels op die opbrengs van sojabone

Produk Opbrengs (kg/ha) Opbrengsverhoging (kg/ha) OOB

(%)

1.2.4 3277
1.2.4 + 5% S 3580 303 6
Ultra 1.2.4 + 5% S 3854 577 86

*OOB (%) – Opbrengs op Belegging

Duidelik het die insluiting van mikro-elemente, tesame met swael in die plantmengsel, ‘n reuse positiewe verskil gemaak in opbrengs. Die resultate word weereens beklemtoon in die opbrengs op belegging (OOB). Die plantmengsel met swael het ‘n 6% opbrengs op belegging gelewer, terwyl die Ultra-reeks ‘n reuse 86% opbrengs op belegging gelewer het. Dit is duidelik dat die Ultra-reeks die plant effektief voorsien van nodige mikro- en makro-elemente, sonder om die risiko van produksie te verhoog.

Gevolgtrekking

Met grootskaalse verskuiwing na die produksie van sojabone is dit belangrik om risiko meer effektief te verlaag en om die potensiaal vir opbrengs te verhoog. Met die beproefde Ultra-benadering is innovasie op die voorstoep! Die Ultra-benadering bied ‘n reeks van plantvoedingselemente in een pakket vir doeltreffende en effektiewe waardetoevoeging tot sojaboonproduksie.

Skakel vandag nog jou naaste Kynoch landboukundige of verteenwoordiger oor u spesifieke behoeftes. Die Ultra-weg, is ‘n uitstekende weg!

Verwysings

1  –   USDA. 2023. South Africa Soybean Area Rapidly Increases. https://ipad.fas.usda.gov/highlights/2023/05/SouthAfrica/index.pdf Date of access: 5 September 2023.

2  –   Barbosa, J.M., Rezende, C.F.A., Leandro, W.M., Ratke, R.F., Flores, R.A. & da Silva, A.R. 2016. Effects of micronutrients application on soybean yield. Australian Journal of Crop Science , 10(8): 1092-1097.

 

Saamgestel deur Ruan Gagiano, ruan.gagiano@kynoch.co.za, 0824601773

 

Gee sojabone hupstoot met dié reeks – Ultra-soja!

 

Klik hier vir meer inligting English Afrikaans

Skakel vandag nog jou naaste Kynoch landboukundige of verteenwoordiger oor u spesifieke behoeftes.

Die Ultra-weg, is ‘n uitstekende weg!

 

Klik hier vir die aflaaibare PDF

Send a Message
close slider

    error: Content is protected !!
    Call Now Button