Kunsmis
‘n Toonaangewende verskaffer van kunsmis.
22/10/2020
Gee sojabone hupstoot met dié reeks – Ultra-soja!
04/12/2023
Kunsmis
‘n Toonaangewende verskaffer van kunsmis.
22/10/2020
Gee sojabone hupstoot met dié reeks – Ultra-soja!
04/12/2023

LEEF IN INNOVERING

Dr Chris Schmidt, senior landboukundige, Kynoch

 

Dit is ons leuse en uitkyk. Kynoch glo in superieure praktyke in gewasproduksie; dit vorm die basis van stabiele en volhoubare produksiesisteme. Selfs met die beste en duurste tegnologie, as die basis van goeie praktyke (basics) nie reg en in plek is nie, bou die produsent tevergeefs. Kynoch deurdink deurentyd konsepte, want konsepte lei tot die ontwikkeling van superieure produkte; en nie andersom nie.

Twee sulke konsepte is beskikbaar, maar is nog nie ten volle deur Suid-Afrikaanse graanprodusente in graanverbouing ingespan nie. Twee van die grootste vyande van die saaiprodusent is verliese en oneffektiwiteit. Produsente wil nie onnodig “mors” deur te veel kunsmis te gee nie; maar slegs dit wat nodig is om ’n oes af te haal asook om grond op te bou (nie te myn nie). Tweedens moet verliese soveel as moontlik bekamp word. Met trots wil Kynoch weer eens aan die produsent die beskikbaarheid van urease-gestabiliseerde ureum (KynoPlus) en mikro-element-beklede korrelkunsmis (Ultra) voorhou.

 

KynoPlus
Aan die Suid-Afrikaanse graanprodusent is die konsep van ’n ureaseinhibeerder al heelwat gekommunikeer. Die pragtige blou korrels van KynoPlus is welbekend in die mark; die blou kleur is die kenmerk dat gewone wit ureumkorrels met ’n urease-inhibeerder behandel, oftewel bedek of beklee, is. Om die effektiwiteit van hierdie behandeling te illustreer, word die meegaande foto (Foto 1) van korrels wat deurgesny is, aangetoon. Die korrels is deurweek met die ureasebehandeling.
Die behandeling en kleur is nie net aan die buitekant van die korrel sigbaar nie, maar die hele korrel is deurweek. ’n Urease-inhibeerder word gebruik om vervlugtigingsverliese van stikstof tydens omskakeling vanaf ureum na ammonium te beperk. Sulke verliese onder verskillende toestande kan tot selfs 45% van toegediende stikstof wees.

’n Verdere aspek waaroor te min gepraat word, is die versagting van die ureum-karakter deur urease-inhibering. Normaalweg kan onbehandelde ureum die gevaar van saailingbrand skep waar dit te naby aan ontkiemende saad geleë is. Met die oplos en omskakeling na ammonium, word ammoniak vrygestel wat super toksies is vir ontkiemende saad. Deurdat ureum met ’n ureaseinhibeerder beklee word, vind omskakeling na ammonium stadiger plaas en doodbrandrisiko word aansienlik verminder. Gevolglik kan KynoPlus baie meer soos KAN as gewone wit ureum (onbehandel) aangewend word.

KynoPlus from Kynoch Fertilizer. Blue Granules.

Ultra
Daar is ook al heelwat met die graanprodusent gekommunikeer oor die Kynoch Ultra-konsep. In Foto 2 word ’n deursnit van ’n enkele korrel vanuit ’n mengsel geneem aangedui. ’n Duidelike bruingeel bekleedsellaag rondom die korrel is opvallend. Hierdie bekleedsel sal nie maklik afvryf nie en is stewig aan die korrel geheg. Die konsep se effektiwiteit vanuit die aanleg, na die produsent, en na die grond by die gewas se “voete”, is stewig gesetel. Vanaf die vroegste oomblikke in die groeisiklus van die gewas is mikro-elemente “op ’n skinkbord” beskikbaar vir opname; dus deur alle kritieke periodes van behoefte en aanvraag. Trots effektief, ook vir sojabone.

Ultra Range of Fertilisers from Kynoch Fertilizer

Kynoch se Ultra-reeks bied mikro-elementbeklede korrelkunsmis.

’n Deurgesnyde Ultra-korrel geneem vanuit ’n kunsmismengsel om die bekleedsel van mikro-elemente aan te toon (foto-erkenning aan J Sparrow).

’n Deurgesnyde Ultra-korrel geneem vanuit ’n kunsmismengsel om die bekleedsel van mikro-elemente aan te toon (foto-erkenning aan J Sparrow).

Vir meer inligting kontak dr Chris Schmidt, senior landboukundige van Kynoch by 0828858134 of stuur ’n e-pos na chris.schmidt@kynoch.co.za. Kontak u Kynoch-verteenwoordiger en -landboukundige om meer uit te vind oor hierdie produkte of om u bestellings te neem.


Klik hier vir aflaaibare PDF-weergawe

Klik hier vir meer inligting English Afrikaans

Kontak jou naaste Kynoch-landboukundige of verteenwoordiger om jou spesifieke behoeftes te bespreek.

Kontakbesonderhede kan gevind word by https://www.kynoch.co.za/contacts/
+27 (0)11 317 2000 – info@kynoch.co.za – www.kynoch.co.za

<<Verbeterde doeltreffendheid deur innovasie>>

Send a Message
close slider

    error: Content is protected !!
    Call Now Button