Kynoch Kunsmis is ‘n toonaangewende verskaffer van ‘n volledige reeks hoë gehalte korrel-, vloeibare en spesialiteits- kunsmisprodukte en tegnologieë aan voedselprodusente in Suider-Afrika. Kynoch bedryf stoorspasie asook invoer- en vermengingsfasiliteite in die hoof-hawens asook ander binnelandse lokaliteite in die Suidelike Afrika-streek en verskaf tans aan ons kliënte vanuit een van ses gedesentraliseerde fasiliteite.
Kynoch stel ten doel om verbeterde doeltreffendheid na te jaag en sy visie is om as innoverende plantvoedingsvennoot ‘n bydrae tot ons kliënte se besighede te maak deur van ons interne opbrengsverbeteringstegnologie (Yield Enhancing Technologies®), -dienste (Yield Enhancing Services®) en innovering, gebruik te maak. Tesame met ons volledige reeks landboukundige dienste asook voedingskedulering (Nutrient Scheduling®) en verbeteraars, is ons in staat om die groei en ontwikkeling van ons kliënte se gewasse optimaal te bestuur om sodoende ‘n bydrae tot hul winsgewendheid te maak. By Kynoch glo ons daarin om op die voorpunt van navorsing en produkontwikkeling te bly, en die suksesse wat ons keer op keer op die plaas sien, maak ons baie opgewonde.
Kynoch stel ‘n volledige reeks plantvoedingsprodukte beskikbaar wat ons in staat stel om ‘n gewas-, groeistadium- en plek-spesifieke benadering te volg. Kortom kom dit daarop neer dat daar aan die unieke behoeftes van ‘n spesifieke gewas regdeur die groeiseisoen vir ‘n spesifieke grond voldoen kan word. Met Kynoch se innoverende en pasgemaakte produkte kan plantvoeding toegedien word in ooreenstemming met die spesifieke behoeftes gedurende die groeisiklus van verskillende gewasse. Verder beteken dit dat met Kynoch op die plaas kan ons kliënte die meeste uit hul gewasse haal en verseker wees van verbeterde doeltreffendheid wat tot ‘n hoër opbrengs en beter gewaskwaliteit kan lei.
Kynoch is die eksklusiewe verspreider van die wêreldwye en deeglik beproefde Agrotain® stikstofstabiliseerders wat stikstofvervlugtigingsverliese tot die minimum beperk. Hierdie tegnologie word onder die handelsnaam KynoPlus® verkoop. ‘n Volledige reeks plantvoedingstowwe is beskikbaar om aan die verskillende gewasse se behoeftes te voorsien. Ander kunsmisroumateriale, -produkte en verbeteraars word in ons produkaanbod geïntegreer. Sover dit ons aangaan, is daar geen wonderkuur nie, maar langtermynsukses is die resultaat van die somtotaal van alles wat ons doen.
Produsente word gediens deur ‘n gedugte span verkoops- en landboukundige personeel. Die Kynoch-span is opgewonde om ons kliënte tot diens te wees en ‘n verskil te maak. Praat gerus met een van ons streeksbestuurders, verkoopspersoneel of landboukundiges om meer uit te vind oor die spesifieke produkte of voedingsprogramme wat aan u spesifieke gewasse se behoeftes kan voldoen.
Kontak Ons: https://bit.ly/2FPVHGt
Ons sien daarna uit om Verbeterde Doeltreffendheid deur Innovasie® in aksie op u plaas te sien om sodoende waarde tot u besigheid te voeg en moontlik die winsposisie van u boerdery te verbeter.
‘n Voorspoedige seisoen saam met Kynoch word u toegewens.
Kynoch’s business operation during the national lockdown.
Dear Valued Customers, Suppliers and Stakeholders
Thank you for your patience during this very challenging situation. Arising from the COVID-19 announcement by President Cyril Ramaphosa ordering a national lockdown, we can assure you it will be, as far as possible, business as usual. During the lockdown our focus is on the safety and the well-being of our employees who are at the forefront to support you and your business. We are equally concerned about the safety and continued service to our customers. Therefore, all personnel will be available via email and / or cell phone during this period. We understand you are doing your best to keep food on the tables of South Africans during this time, it is therefore of paramount importance that we join hands with you in continuing to keep the food production supply chain operational.
Our aim is to minimize service disruptions offering the level of quality, responsiveness and support that you have come to expect from Kynoch.
We would like to take this opportunity to thank you for your loyal and ongoing support during these trying times.
Key Contact List during the lockdown period:
Area Marketing Managers
Creditors
Jurgen Smith | jurgen.smith@kynoch.co.za | +27 (0) 83 461 2422
Debtors
Eben Steyn | eben.steyn@kynoch.co.za | +27 (0) 60 972 9987
Head of Finance
Theloshen Moodley | theloshen.moodley@kynoch.co.za | +27 (0) 82 598 2138