Onderhoud met kykNet eNUUS tydens NAMPO 2018
03/08/2020uLima
03/08/2020Voerskenking van Kynoch aan Agri Hertzogville 17 Januarie 2018
Verwoestende veldbrande in Boshof omgewing het ongeveer 70 000 ha weiveld vernietig met eiendom en vee wat ook in die slag gebly het. Kynoch se Sentrale streek het besluit om hulp deur middel van ‘n voerskenking aan te bied. Kynoch Hoofbestuur het dadelik die inisiatief ondersteun.
Kynoch en VS Landbou se Jongboer komitee werk reeds sedert 2017 saam aan ‘n inisiatief om met die jong boere van AFASA/Nerpo verhoudings te bou en uit te brei. Boet Wilken (Vrystaat Landbou se Jongboer Komitee voorsitter en lusernprodusent), het onmiddelik die jong boere se betrokkendheid bevestig en hulp aangebied asook die bale teen ‘n goeie prys beskikbaar gestel aan Kynoch.
‘n Vrag lusernbale is op 17 Januarie 2018 op Sakkie en Christo Groenewald se plaas in Boshof distrik afgelaai deur Willie du Plessis wat die voer teen ‘n spesiale tarief aangery het. Volgens Christo sal die voerskenking van groot hulp wees, aangesien daar produsente is wat alle weiding verloor het.
‘n Spesiale dankie aan almal wat betrokke was:
Jakes Du Plessis, Streeksbestuurder – Sentrale streek
Coetzee De Jager, Verteenwoordiger – Sentrale streek
Andre Malherbe, VS Landbou Jongboer Komiteelid – Boshof distrik
Christo Groenewald, Produsent waar die voer gestoor en vanaf versprei sal word.
“Dit is vir ons ‘n groot voorreg om ‘n bydrae te maak om die nood van die produsente te help verlig. Kynoch is ‘n maatskappy wat omgee vir ons produsente. Die omvang van die skade is enorm en ons vertrou ons skenking sal bydra tot ‘n golf van hulp aan ge-affekteerde produsente” – Jakes Du Plessis (Kynoch Streeksbetstuurder).