2017 Award Winners
25/09/2018

Die Kynoch-handelsnaam is meer as 150 jaar oud en se dert 1919 neem Kynoch die voortou in die kunsmisbedryf. Die maatskappy sal eersdaags onder nuwe aandeelhouers handel dryf en ons is almal opgewonde oor die reusepotensiaal wat hierdie nuwe verhouding vir Kynoch en sy kliënte sal bied.

Dit sal ons in staat stel om die onderneming na nuwe hoogtes te neem en ons fokus verskerp om sodoende die werking en doeltreffend heid van kunsmis verder te verbeter. Kynoch volg ‘n holistiese benade ring van waardetoevoeging ten einde volhoubare  ewasproduksie te bewerkstellig. As gedifferensieerde plantvoedingsvennoot, streef ons daarna om ons kliënte se besighede te komplementeer deur ‘n volledige reeks landboukundige en tegniese dienste, gedifferensieerde plantvoeding asook groeiverbeteraars te verskaf.

Ons glo die benadering minimeer uiteindelik die produsent se risiko en dra by om oeste en kwaliteit te optimeer en volhoubaarheid te verseker aangesien plantvoeding en groeiverbeteraars verskaf word ooreenkomstig met plantontwikkeling.

KynoPop™ is spesifiek ontwikkel om aan die onmiddellike behoefte van die jong saailing van enige gewas te voorsien. Die roumateriale in KynoPo is almal hoogs plantbeskikbaar om in die behoefte van die jong saailing te voorsien. Die produk verhoog die effektiwiteit van die saailing en verbeter vroeë wortelontwikkeling wat bydra tot sterker saailinge wat strestoestande (koue, hitte, droogte en onkruiddoders), siektes en plae beter kan weerstaan.

Die maatskappy se in-huis ontwikkelde Oemff®-reeks is gewasspesifiek asook groeistadium-spesifiek geformuleer om sodoende by te dra om vir jou gewas presies te gee wat hy benodig gedurende die verskillende fenologiese groeistadia van die plant.

Kynoch is ook die alleenverspreider van Agrotain®-stikstofstabiliseerders. Deur gebruik te maak van KynoPlusTM (Kynoch se Agrotain®-behandelde ureum-produkreeks) met verbeterde doeltreffendheid, kan bygedra word om die andersins duur stikstofverliese teen te werk. Kynoch is tans besig om die reeks produkte binne hierdie kategorie uit te brei om sodoende die potensiële verliese steeds meer te beperk en doeltreffendheid verder te verbeter.

Die Kynoch-span is opgewonde oor die toekoms en sien uit daarna om sy kliënte te bedien en ‘n verskil te maak op die plaas.

Download PDF

Select a Language

Get the latest information from the S.A Health Department about COVID-19 - Learn More

Send a Message
close slider