KynoFulvate Yellow | Kynoch Fertilizer
Blaarbespuiting van Pekans – Wanneer en wat?
Blaarbespuiting van Pekans – Wanneer en wat?
Blaarvoeding in pekanverbouing is geen nuwe konsep nie en is ‘n belangrike manier vir die volhoubare en effektiewe bestuur van die gewas. Die effektiwiteit van blaarbespuitings word deur talle faktore beïnvloed, insluitend konsentrasie van die spuitoplossing, pH van die oplossing, klimaat, chemiese formulasie van spuitstof en byvoeging van opname verbeteraars. Dit is egter ook belangrik vir die produsent om ingelig te wees oor watter voedingselemente gespuit moet word en die korrekte toedieningstyd vir elke element. Belangrik om te onthou is dat blaarbespuitings nie ‘n vervanging van grondvoeding is nie, maar eerder ‘n gereedskapstuk om die produktiwiteit en kwaliteit van die pekanboom te verbeter. Jong blare, vroeg in die seisoen moet veral voorsien word van addisionele voedingstowwe omdat die ontwikkeling van die blare dikwels die voorsieningstempo van die boom se reserwes oorskry.
Gedurende die groeiseisoen van pekan is daar drie belangrike tye waartydens sekere voedingselemente toegedien kan word vir optimale reaksie in die pekanboom :
Stuifmeel bespuiting (September)
Gedurende die begin van die pekanseisoen is die sogenaamde “basbespuiting” van uiterse belang. Die bespuiting vind plaas gedurende die stadium waar ogies van die boom amper begin oop maak en blomme glad, nognie sigbaar is nie. Die teiken hier is nie die jong ontwikkelende blare nie, maar wel die blomknoppies. Sink, boor, koper en yster verseker die suksesvolle vorming en integriteit van stuifmeel. Dus, verseker dié vroeë seisoen bespuiting dat die bestuiwingsproses optimaal kan plaasvind en die fondasie van die oes goed vasgelê kan word.
Nuwe blaargroei (“flush”) bespuiting (Oktober-Desember)
Gedurende dié groeistadium van die boom is daar ‘n interaksie tussen die boom se behoefte vir sekere voedingstowwe en die omgewing, wat lei tot ‘n beperking in voorsieningstempo vanaf boomreserwes. Vroeg in die pekanseisoen groei die blare teen ‘n vinnige tempo en die voorsieningstempo van voedingstowwe uit die boom kan nie altyd byhou nie. Veral sink, speel hier ‘n belangrike rol. Jong blare benodig sink vir ontwikkeling en die vervaardiging van chlorofil om fotosintese te optimaliseer.
Energie bespuiting (Januarie-Maart)
Dié fase in ontwikkeling word gekenmerk deur neutset- en vergroting. Fosfaat voorsien die boom aan energie vir die suksesolle vul van neute. Stikstof, magnesium en sink verseker optimale fotosintese. Boor en nikkel verminder waterfase bars (“water-stage fruit split”) en ondersteun die ontwikkeling van sterk selwande. Kalium help met die vervoer van stysel en verseker suksesvolle vulling van die neute.
Kynoch bied ‘n verskeidenheid van blaarvoedingsprodukte, insluitend TREE NUT OEMFF FLUSH® en TREE NUT OEMFF FRUIT®. Beide is produkte wat ‘n verskeidenheid van makro- en mikro-elemente bevat wat pasmaak geformuleer is vir spesifieke toediening gedurende die groeiseisoen. KynoFulvate-Yellow® wat ‘n fulviensuur produk is, kan by blaarvoedings gevoeg word om opname van elemente te verbeter. Tesame met blaarvoeding is die toediening van ‘n seewierproduk, soos KynoKelp®, ook voordelig om wortelgroei te stimuleer en omgewing stresfaktore teen te werk. Kontak gerus jou naaste Kynoch verteenwoordiger vir pasmaak oplossings vir jou pekanboord.
Vir meer inligting, kontak Wian Visser, Kynoch Landboukundige, by 011 317 2000.
Kontak jou naaste Kynoch-landboukundige of verteenwoordiger om jou spesifieke behoeftes te bespreek.
Kontakbesonderhede kan gevind word by https://www.kynoch.co.za/contacts/
+27 (0)11 317 2000 – info@kynoch.co.za – www.kynoch.co.za
Kynoch Fertilizer (Pty) Ltd Reg No. 2009/0092541/07
Tree Nut Oemff Fruit® K11229 (Act 36 of 1947)
Tree Nut Oemff Flush® K11228 (Act 36 of 1947)
KynoFulvate Yellow® M261 (Act 36 of 1947)
KynoKelp® M314 (Act 36 of 1947)
The post Blaarbespuiting van Pekans – Wanneer en wat? first appeared on Kynoch Fertilizer.
Bemesting tydens vestiging van pekanneut aanplantings
Bemesting tydens vestiging van pekanneut aanplantings
Die vestiging van ‘n nuwe pekanboord is ‘n langtermyn belegging en moet dus reg uitgevoer word. Wanneer ‘n nuwe boord uitgelê word is daar talle oorwegings wat in ag geneem moet word nl. grondvoorbereiding, effektiewe gronddiepte, topografie, boom spasiëring en ry-rigting, tipe besproeiing en plantgat voorbereiding. Die een faktor wat dikwels nie aandag geniet nie, is grondvrugbaarheid. Alvorens die vestiging van ‘n nuwe boord, word die produsent aangeraai om die vrugbaarheidstatus van die grond te bepaal deur die trek van grondmonsters vir chemiese ontledings (sogenaamde “grid”-kartering). Op hierdie wyse kan grondregstellings dan geskiet om optimum grondvoedingsvlakke te verseker en boompies kan met minimale voedings-insette geplant word.
Die vraag wat dikwels tydens vestiging van nuwe boorde ontstaan, is “moet ek kunsmis gee in die plantgat?”. Indien geen vooraf grondregstellings gedoen is voor vestiging, is dit wesenlik om wel kunsmis in die plantgat toe te dien. Die hoof doel interme van voeding in nuwe aanplantings is om wortelgroei en -ontwikkeling te bevorder. Hier word geen fokus geplaas op die toediening van stikstof wat vegetatiewe groei bevorder nie. Suksesvolle ontwikkeling en vestiging van anker-, wateropname en voedingswortels sal ‘n groeikragtige saailing verseker met lae mortaliteit. Elemente van belang tydens vestiging is fosfaat, kalium en sink. Fosfaat is ‘n natuurlike wortelgroei-stimulant en verseker energieryke saailinge. Sink is belangrik vir die vorming van ouksiene binne in die boom wat verantwoordelik is vir selverdeling, dit lei tot suksesvolle plantgroei en ontwikkeling. Verder is sink ook ‘n belangrike stimulant. Pekans is ‘n meerjarige gewas en benodig kalium vir koolhidraat produksie om energie reserwes te bou.
Wanneer bemesting toegedien word tydens boordvestiging is dit altyd belangrik dat die produsent konsulteer met hul verteenwoordigende lanboukundige rondom die gebruik van die regte produkte. Pekansaailingwortels is uiters sensitief en slegs kunsmisprodukte met ‘n lae sout-indeks moet oorweeg word. Superfosfaat is ‘n goeie keuse as fosfaatbron, terwyl kaliumsulfaat of ‘patentkali’ (bevat kalium, magnesium en sulfaat) as kaliumbron gebruik kan word. Sink-chelaat bly ‘n goeie opsie tydens vestiging weens die lae brandrisiko van die produk. Die grootte van die plantgat sal bepaal hoeveel kunsmis gebruik kan word. Dit is belangrik om enige kunsmis tydens plant met die totale grondvolume te meng wat uit die plantgate verwyder is alvorens dit teruggeplaas word. Kunsmis plasing direk teen die saailinge se wortels kan dit brand en lei tot afsterwing van die boompies.
Laastens, is die gebruik van bio-stimulante is ook ‘n effektiewe manier om wortelgroei te stimuleer en omgewing stresfaktore teen te werk. Seewier en fulviensuur is beide ideaal vir die stimulering van wortel groei, wat sodoende effektiewe groei verseker en verbeter weerstand teen omgewing stresfaktore. Kynoch bied ‘n wye verskeidenheid van bio-stimulante, insluitend KynoFulvate Yellow® en KynoKelp® wat jou as produsent kan help om gesonde pekan boompies te groei. Die Kynoch span bied ook omvattende kunsmisprodukte en oplossings om die produsent by te staan tydens die vestiging van pekanneut aanplantings. Kontak gerus jou naaste area verteenwoordiger vir meer inligting.
Figuur 1: Een-jaar-oue gevestige pekan boord.
Figuur 2: Een-jaar-oue pekanboompies waar produsent steeds kontant gewasse boer tussen boom-rye
Figuur 3: Sterk gevestigde jong pekanboom
Vir meer inligting,kontak 011 317 2000. Deur, Wian Visser
Kynoch Fertilizer (Pty) Ltd Reg No. 2009/0092541/07
KynoFulvate Yellow® M261 (Act 36 of 1947)
KynoKelp® M314 (Act 36 of 1947)
The post Bemesting tydens vestiging van pekanneut aanplantings first appeared on Kynoch Fertilizer.
Die regte wegspring vir ’n wenner-oes.
Die regte wegspring vir ’n wenner-oes
Voedingstofkombinasie is die sleutel tot sukses.
Planttyd in die somersaaigebied van Suid-Afrika kan ’n baie moeilike tyd wees met weerstoestande wat wissel tussen uiterstes. Koue, nat toestande is taamlik algemeen met selfs sneeu wat die afgelope 2023-’24-seisoen vroeg in November in dele van die Oos-Vrystaat voorgekom het.
Gewasse wat in sulke toestande moet ontkiem en opkom, word dan onder geweldige stremming geplaas. Swak wortelontwikkeling, oneweredige opkoms en vertraagde groei kan alles resultate van sub-optimale weersomstandighede wees.
KynoPop® is ontwikkel om vir saailinge ’n sterk wegspring te verseker en is ideal om koue, nat toestande te bestuur.
Dit is ’n wateroplosbare opwip-bemesting (word saam met die saad neergelê) wat uit ’n volledige reeks voedingstowwe bestaan. Dit voorsien in die aanvanklike voedingsbehoefte van jong saailinge.
KynoPop® verminder dus die plant se afhanklikheid van die grond se voedingstowwe en maak die plant minder kwesbaar vir uiterste weerstoestande.
Die produk hou geen risiko in om saad te “brand” nie en dit moet verkieslik so na as moontlik aan die saad geplaas word. (Die TABEL gee die samestelling van KynoPop.)
Dit kan langer as ’n week duur voor mieliewortels bandgeplaasde- kunsmis bereik, veral tydens ongunstige weerstoestande. Wanneer KynoPop in die saadband geplaas word, is die voedingstowwe onmiddellik beskikbaar vir opname deur die jong saailing sodra die ontkiemingsproses begin. Sodoende verseker jy robuuste groei en eenvormige opkoms van jou jong saailinge. Ek vergelyk KynoPop met wegspringblokke soortgelyk aan dié wat deur ’n 100 m-atleet gebruik word. Net soos die atleet vinnig spoed kry met behulp van wegspringblokke, help KynoPop vinnige groei in gewasse soos mielies aan. KynoPop kan ook doeltreffend saam met ander produkte, soos KynoFulvate Yellow®, ’n organiese fulviensuur, en KynoKelp®, ’n seewier-ekstraksie, gebruik word.
Sterk wortels. Die mielie aan die linkerkant is met ’n kombinasie van KynoPop®, KynoFulvate Yellow® en KynoKelp® geplant. Danksy die beter ontwikkelde wortels het die plante beter presteer in die warm, droë toestande wat tans heers. Die kontrole-mielie regs is sonder opwip-bemesting geplant.
KynoFulvate Yellow verhoog die doeltreffendheid van KynoPop deur metaalione te komplekseer en te mobiliseer. Fulviensuur-molekules is baie klein en kan maklik deur plantmikroporieë en selmembrane beweeg. Dit vergemaklik vinnige opname deur plante. Ek vergelyk dikwels fulviensuur met vragmotors wat voedingstowwe in plante in vervoer. Boonop stimuleer KynoFulvate Yellow wortelgroei, verhoog aminosure binne plantselle en verbeter grondmikrobiologie.
Die derde produk, wat saam met KynoPop en KynoFulvate Yellow gebruik kan word, is KynoKelp, afkomstig van die kelpspesie Ecklonia Maxima. KynoKelp bevat noodsaaklike boustene wat wortelontwikkeling bevorder en plantstresverdraagsaamheid verbeter. Die kombinasie van KynoPop met KynoFulvate Yellow en KynoKelp het die afgelope seisoene deurgaans uitstekende resultate gelewer, met duidelike verbeterings in wortelontwikkeling vergeleke met kontrole-aanplantings.
Sterk wortelstelsels is veral noodsaaklik in droëlandverbouingstelsels, waar waterbeskikbaarheid dikwels beperk is. Die gebruik van KynoPop saam met KynoFulvate Yellow en KynoKelp dien as ’n risikobestuurstrategie wat grondwateropname en –benutting optimaliseer.
Kynoch is verbind tot vernuwing en vooruitgang en ondersoek voortdurend kombinasies van aanvullende produkte om die volle potensiaal vir boere te ontsluit.
Frederik Potgieter is ’n landboukundige by Kynoch Fertilizer.
NAVRAE: Web: www.kynoch.co.za.
Bly op hoogte van nuwe produkte deur Kynoch op alle sosiale mediaplatforms te volg.
Kynokelp® M314, KynoFulvate Yellow® M261 en KynoPop® K9101 val al drie onder Wet 36 van 1947.
The post Die regte wegspring vir ’n wenner-oes. first appeared on Kynoch Fertilizer.