KYNOCH se spesialisreeks verhoog voedingsdoeltreffendheid
04/12/2023
Kynoch Ultra Starter – ultra maklik, ultra doeltreffend!
28/03/2024
KYNOCH se spesialisreeks verhoog voedingsdoeltreffendheid
04/12/2023
Kynoch Ultra Starter – ultra maklik, ultra doeltreffend!
28/03/2024

Die regte wegspring vir ’n wenner-oes

Voedingstofkombinasie is die sleutel tot sukses.

Planttyd in die somersaaigebied van Suid-Afrika kan ’n baie moeilike tyd wees met weerstoestande wat wissel tussen uiterstes. Koue, nat toestande is taamlik algemeen met selfs sneeu wat die afgelope 2023-’24-seisoen vroeg in November in dele van die Oos-Vrystaat voorgekom het.

Gewasse wat in sulke toestande moet ontkiem en opkom, word dan onder geweldige stremming geplaas. Swak wortelontwikkeling, oneweredige opkoms en vertraagde groei kan alles resultate van sub-optimale weersomstandighede wees.

KynoPop® is ontwikkel om vir saailinge ’n sterk wegspring te verseker en is ideal om koue, nat toestande te bestuur.

Dit is ’n wateroplosbare opwip-bemesting (word saam met die saad neergelê) wat uit ’n volledige reeks voedingstowwe bestaan. Dit voorsien in die aanvanklike voedingsbehoefte van jong saailinge.

KynoPop® verminder dus die plant se afhanklikheid van die grond se voedingstowwe en maak die plant minder kwesbaar vir uiterste weerstoestande.

Die produk hou geen risiko in om saad te “brand” nie en dit moet verkieslik so na as moontlik aan die saad geplaas word. (Die TABEL gee die samestelling van KynoPop.)

Dit kan langer as ’n week duur voor mieliewortels bandgeplaasde- kunsmis bereik, veral tydens ongunstige weerstoestande. Wanneer KynoPop in die saadband geplaas word, is die voedingstowwe onmiddellik beskikbaar vir opname deur die jong saailing sodra die ontkiemingsproses begin. Sodoende verseker jy robuuste groei en eenvormige opkoms van jou jong saailinge. Ek vergelyk KynoPop met wegspringblokke soortgelyk aan dié wat deur ’n 100 m-atleet gebruik word. Net soos die atleet vinnig spoed kry met behulp van wegspringblokke, help KynoPop vinnige groei in gewasse soos mielies aan. KynoPop kan ook doeltreffend saam met ander produkte, soos KynoFulvate Yellow®, ’n organiese fulviensuur, en KynoKelp®, ’n seewier-ekstraksie, gebruik word.

 

Sterk wortels. Die mielie aan die linkerkant is met ’n kombinasie van KynoPop®, KynoFulvate Yellow® en KynoKelp® geplant. Danksy die beter ontwikkelde wortels het die plante beter presteer in die warm, droë toestande wat tans heers. Die kontrole-mielie regs is sonder opwip-bemesting geplant.

KynoFulvate Yellow verhoog die doeltreffendheid van KynoPop deur metaalione te komplekseer en te mobiliseer. Fulviensuur-molekules is baie klein en kan maklik deur plantmikroporieë en selmembrane beweeg. Dit vergemaklik vinnige opname deur plante. Ek vergelyk dikwels fulviensuur met vragmotors wat voedingstowwe in plante in vervoer. Boonop stimuleer KynoFulvate Yellow wortelgroei, verhoog aminosure binne plantselle en verbeter grondmikrobiologie.

Die derde produk, wat saam met KynoPop en KynoFulvate Yellow gebruik kan word, is KynoKelp, afkomstig van die kelpspesie Ecklonia Maxima. KynoKelp bevat noodsaaklike boustene wat wortelontwikkeling bevorder en plantstresverdraagsaamheid verbeter. Die kombinasie van KynoPop met KynoFulvate Yellow en KynoKelp het die afgelope seisoene deurgaans uitstekende resultate gelewer, met duidelike verbeterings in wortelontwikkeling vergeleke met kontrole-aanplantings.

Sterk wortelstelsels is veral noodsaaklik in droëlandverbouingstelsels, waar waterbeskikbaarheid dikwels beperk is. Die gebruik van KynoPop saam met KynoFulvate Yellow en KynoKelp dien as ’n risikobestuurstrategie wat grondwateropname en –benutting optimaliseer.

 

Kynoch is verbind tot vernuwing en vooruitgang en ondersoek voortdurend kombinasies van aanvullende produkte om die volle potensiaal vir boere te ontsluit.

 

Frederik Potgieter is ’n landboukundige by Kynoch Fertilizer.

 

NAVRAE: Web: www.kynoch.co.za.

Bly op hoogte van nuwe produkte deur Kynoch op alle sosiale mediaplatforms te volg.

 

Kynokelp® M314, KynoFulvate Yellow® M261 en KynoPop® K9101 val al drie onder Wet 36 van 1947.

Send a Message
close slider

    error: Content is protected !!
    Call Now Button