kunsmis | Kynoch Fertilizer

KUNDIGHEID maak só ’n verskil
KUNDIGHEID maak só ’n verskil

As deel van die ETG-groep is Kynoch deeglik bewus van ons sosiale verantwoordelikheid in die landbou om by projekte betrokke te raak waar bestaans- en opkomende produsente ter sprake is. Ons voetspoor is nie net tot Suid-Afrika beperk nie, maar strek oor die hele kontinent.

Vir Kynoch is die opheffi ng van gemeenskappe in ons bedieningsareas nie net “die regte ding om te doen nie”, maar dit is ’n groot verantwoordelikheid en ’n gepaardgaande voorreg om by projekte betrokke te raak. Die maatskappy is betrokke by klein tuinbouprojekte in plaaslike gemeenskappe, sowel as grootskaalse projekte waar georganiseerde landbou betrokke is.

Kunsmisaanbevelings

Elke projek het natuurlik sy unieke uitdagings, maar die verlede het bewys dat die kwaliteit van kunsmisaanbevelings en die fi siese kwaliteit van die produk sommige van die redes was waarom projekte gefaal het. Sommige projekte het nie die beste kunsmisaanbevelings en kwaliteitkunsmis ontvang nie. Finansiële uitdagings het gewoonlik ’n oorheersende rol daarin gespeel. Die voorligtingsbeamptes van die onderskeie provinsiale departemente het, as gevolg van verskeie redes, nie oor die tegniese kennis rakende kunsmisaanbevelings beskik nie. Die gevolg was dat die projekte nie finansieel volhoubaar bedryf kon word nie.

Volgehoue landboukundige ondersteuning is deurslaggewend vir die sukses van sulke projekte en daarin slaag Kynoch uitstekend met ons uitgebreide ondersteuningsnetwerk deur die hele produksieperiode.

Ons plaaslike agente speel ’n kardinale rol by skole wat tuinbouprojekte bedryf. Hulle is aktief betrokke vanaf die keuse van die perseel tot by die oes van die produkte en die vestiging van die volgende groente en/of vrugte. Kynoch beskik oor klein verpakkings (1 kg-, 2 kg- of 5 kg-verpakkings) wat pasgemaak is vir die mark en ook vervoer vergemaklik. Nie net word kwaliteitprodukte aangebied nie, maar deurlopende opleiding en ondersteuning word verskaf.

Grondontledings

’n Tweede beperking of uitdaging is dat die basis van kunsmisaanbevelings, naamlik grondontledings, gewoonlik ontbreek of baie verouderd is. Die opkomende produsente kry dan nie die korrekte agronomiese aanbevelings nie, wat hulle dadelik op die agtervoet plaas. Kynoch se filosofi e is dat daar geen onderskeid is tussen kommersiële en opkomende produsente se kunsmisaanbevelings nie.

Ons landboukundiges neem natuurlik elke boerdery en projek se unieke omstandighede in ag met die samestelling van aanbevelings.

As gevolg van fi nansiële beperkings was die kwaliteit van die kunsmis ook gereeld ’n probleem wat opbrengste nadelig beïnvloed het. As verantwoordelike vennoot in die projekte is kwaliteitkunsmis vir Kynoch ononderhandelbaar. Die sosialeverantwoordelikheidsprojekte se kunsmis word by Kynoch se fasiliteite vervaardig met dieselfde rou materiaal en kwaliteit as vir kommersiële kliënte. Die plantmengsel en bobemesting word volgens agronomiese beginsels aanbeveel en volgens die aanbevole kilogram per hektaar toegedien.

Een van die sosialeverantwoordelikheidsprojekte waarop Kynoch uiters trots is om betrokke te wees, is Graan SA se eenhektaarprojek.

Kynoch is tien jaar gelede deur Graan SA genader om deel van die Beyond Abundance-projek te word. Die projek behels dat bestaansboere oor die hele Suid-Afrika, maar hoofsaaklik in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo, wat eenhektaar- bestaansboerderye bedryf, voorsien word van kunsmis, saad, kalk en chemiese produkte in kleiner verpakkings as deel van die insetverskaffers se sosialeverantwoordelikheidsprogramme. Daar is streng kwalifi kasiekriteria waaraan voornemende deelnemers moet voldoen om tot die projek toegelaat te word.

Die uniekheid van die projek is dat daar van die produsente verwag word om vir ’n persentasie van die totale insette ’n fi nansiële bydrae te maak. Dit skep verantwoordbaarheid en ’n gevoel van eienaarskap vir die bestaansboere en dit is die sleutel tot sukses van die projek. Daar is letterlik ’n waglys om tot die projek toe te tree.

Die feit dat die produsente deur Graan SA se mentors bestuur en bygestaan word, is ook grootliks verantwoordelik vir die sukses van die projek. Die mentors het ten volle toegang tot Kynoch se landboukundige span vir bystand en advies. Die projek het ook toegang tot Kynoch se ekstensiewe verspreidingsnetwerk wat geografi es oor die hele projek versprei is. Die gevolg is dat beskadigde produkte, vinnig vervang kan word.

Van die projekte is in die mees afgeleë lokaliteite in die land, wat die vervoer van kunsmis ’n groot uitdaging maak. Van die aflaaipunte is letterlik in die “boendoes”. Saam met Kynoch se inhuisvervoermaatskappy,

Tengwa Transport, en hulle subkontrakteurs, word vragte so effektief moontlik gekombineer en na die verskillende afleweringspunte versend. Met die hulp van die Graan SA-mentors word die aflaaiproses vergemaklik en word daar ook beheer oor die hoeveelhede uitgeoefen.

Kynoch se betrokkenheid by die Graan SA-projek is steeds ons vlagskipsosiale-verantwoordelikheidsprojek. Die verskil wat in gemeenskappe se ekonomiese, sosiale en geesteswelsyn gemaak word, is onmeetbaar in fi nansiële terme en dit verskaf ons die grootste plesier om by nuwe projekte in die toekoms betrokke te raak.

Deur: Jakes Du Plessis: Kynoch

Kontak Kynoch op 011 317 2000 of info@kynoch.co.za

The post KUNDIGHEID maak só ’n verskil first appeared on Kynoch Fertilizer.

Mielies: Die 100 Meter Atleet – Gee Jou Gewas Die Beste Wegspring Met Kynoch
Mielies: Die 100 meter atleet

Inleiding

Met die onlangse olimpiese spele, nog vars in ons gedagtes, kan ons die mielieplant vergelyk met ‘n 100 meter atleet. Daar is baie eienskappe wat ooreenstem tussen ‘n mielieplant en ‘n 100 meter atleet. Die mielieplant is van natuur ‘n vinnige gewas, maar met die nuwe genetika van die ultra-vinnige kultivars word die mielie nog vinniger geteel. Ons het geleer dat die mielie sy opbrengspotensiaal baie vroeg in die seisoen vaslê, maar met die ultra-vinnige kultivars mag dit so vroeg wees soos die V3-groeistadium. Hierdie is op ‘n uiters vroeë stadium in die mielie se lewenssiklus en met diè deurslaggewende inligting verstaan ons dat die wegspring van die mielie net so krities belangrik is, soos wat dit vir ‘n 100 meter atleet is. Die mielieplant, of die atleet, kan die beste wees, die fikste wees en die beste genetika bevat, tesame met die beste afrigting, maar as hulle struikel in die begin van die wedloop gaan hulle nie tot die beste van hul vermoë kan presteer nie. Wanneer die afsitsteken afgaan, moet alles reg wees van die begin af, om die beste wegspring te kan verkry.  Die fotos hieronder wys hoe vroeg die mielieplant die pluim en die mieliekop begin vorm en onwikkel.

Kynoch Opti-Start

Die Opti-Start beginsel is ‘n holistiese benadering tot gewasproduksie wat Kynoch volg omdat gewasvoeding net ‘n deel uitmaak van die totale sukses; daarom word daar baie gefokus op die agronomiese aspekte van die boerdery om die beste wegspring vir die mielies te kan bied. Opbrengs word hoofsaaklik deur drie primêre faktore gedryf, naamlik klimaat, gewas en die grond. Die produsent het nie beheer oor klimaatsfaktore nie, maar kan wel die beste potensiaal skep om moontlike stresvolle weersomstandighede beter te kan hanteer. Gewasfaktore behels kultivar keuse, plantdiepte, plantestand, rywydte, wisselbou, onkruid- en plaagbeheer. Grondfaktore soos grondtipe, bewerking en saadbedvoorbereiding, asook water- en soutbestuur, moet ook in ag geneem word. Nadat al die agronomiese elemente in plek is, sal plantvoeding eers tot sy reg kom. Die “4R”-beginsel word in ag geneem wanneer besluite geneem word oor die mees beste kunmisopsie; met ander woorde, die (a) regte bron, (b) regte plek, (c) regte hoeveelheid, asook (d) die regte tyd. Al hierdie vier komponente moet in plek wees om verbeterde doeltreffendheid van kunsmis te bewerkstellig.

Kynoch-wegspring-produkte

Omdat mielie-wegspring binne ‘n gegewe seisoen van kardinale belang is, is dit noodsaaklik om die regte produkte te gebruik op die regte plek. Kynoch het ‘n wye verskeidenheid gespesialiseerde produkte van hoë-gehalte wat wetenskaplik geformuleer is om mielies die beste wegspring moontklik te kan gee. Kynoch bied die produsent ‘n tegnologies-gedrewe gestabiliseerderde ureum-korrelkunsmis (KynoPlus®) met verminderde verlies, en ook veiliger vir gebruik in plantmengsels. Die ULTRA®-reeks voorsien noodsaaklike mikro-elemente (op elke korrel) wat die potensiaal en wegspring nog verder verbeter. Die Miracle reeks het ‘n verbeterde kaliumbron, plus adisionele swael en silikon, en die CASUMA®-reeks bevat sekondêre elemente wat essensieël is vir ‘n goeie begin. Gesels verder met u Kynoch-landboukundige vir leiding oor pasmaak-produkte om saailinge te ondersteun, wortelgroei te stimuleer, saailinge te ondersteun teen vroeë stres-toestande (soos koue en nat weerstoestande); met ander woorde dus met ‘n beter wegspring soos die van ‘n sterker atleet.

Kynoch bied verbeterde doeltreffendheid deur innovasie. Dit sluit in ‘n reeks van deurdagte produkte vanaf die laagste vlak tot en met hoë-toegevoegde tegnologie, asook flinke en toegewyde diens.  U tevredenheid is vir ons belangrik.  Vir meer inligting kontak u Kynoch verteenwoordiger en/of landboukundige.  Saamgestel deur Jason Sparrow (SACNASP Nr: 400202/11; 0828055177; jason.sparrow@kynoch.co.za) en Edward Dwyer (SACNASP Nr: 148614; 0715494486; edward.dwyer@kynoch.co.za), Kynoch landboukundiges, Noord-Kaap.

KynoPlus® K8024 (Act 36 of 1947)

Ultra Starter® K9001 (Act 36 of 1947)

Kynoch Fertilizer (Pty) Ltd Registration Number: 2009/0092541/07

Kynoch – Verbeterde doeltreffendheid deur innovasie

The post Mielies: Die 100 Meter Atleet – Gee Jou Gewas Die Beste Wegspring Met Kynoch first appeared on Kynoch Fertilizer.