Mielies: Die 100 Meter Atleet – Gee Jou Gewas Die Beste Wegspring Met Kynoch
06/09/2024
BEMESTING: slaggate in interpretasies en aanbevelings
19/09/2024
Mielies: Die 100 Meter Atleet – Gee Jou Gewas Die Beste Wegspring Met Kynoch
06/09/2024
BEMESTING: slaggate in interpretasies en aanbevelings
19/09/2024

KUNDIGHEID maak só ’n verskil

As deel van die ETG-groep is Kynoch deeglik bewus van ons sosiale verantwoordelikheid in die landbou om by projekte betrokke te raak waar bestaans- en opkomende produsente ter sprake is. Ons voetspoor is nie net tot Suid-Afrika beperk nie, maar strek oor die hele kontinent.

Vir Kynoch is die opheffi ng van gemeenskappe in ons bedieningsareas nie net “die regte ding om te doen nie”, maar dit is ’n groot verantwoordelikheid en ’n gepaardgaande voorreg om by projekte betrokke te raak. Die maatskappy is betrokke by klein tuinbouprojekte in plaaslike gemeenskappe, sowel as grootskaalse projekte waar georganiseerde landbou betrokke is.

Kunsmisaanbevelings

Elke projek het natuurlik sy unieke uitdagings, maar die verlede het bewys dat die kwaliteit van kunsmisaanbevelings en die fi siese kwaliteit van die produk sommige van die redes was waarom projekte gefaal het. Sommige projekte het nie die beste kunsmisaanbevelings en kwaliteitkunsmis ontvang nie. Finansiële uitdagings het gewoonlik ’n oorheersende rol daarin gespeel. Die voorligtingsbeamptes van die onderskeie provinsiale departemente het, as gevolg van verskeie redes, nie oor die tegniese kennis rakende kunsmisaanbevelings beskik nie. Die gevolg was dat die projekte nie finansieel volhoubaar bedryf kon word nie.

Volgehoue landboukundige ondersteuning is deurslaggewend vir die sukses van sulke projekte en daarin slaag Kynoch uitstekend met ons uitgebreide ondersteuningsnetwerk deur die hele produksieperiode.

Ons plaaslike agente speel ’n kardinale rol by skole wat tuinbouprojekte bedryf. Hulle is aktief betrokke vanaf die keuse van die perseel tot by die oes van die produkte en die vestiging van die volgende groente en/of vrugte. Kynoch beskik oor klein verpakkings (1 kg-, 2 kg- of 5 kg-verpakkings) wat pasgemaak is vir die mark en ook vervoer vergemaklik. Nie net word kwaliteitprodukte aangebied nie, maar deurlopende opleiding en ondersteuning word verskaf.

Grondontledings

’n Tweede beperking of uitdaging is dat die basis van kunsmisaanbevelings, naamlik grondontledings, gewoonlik ontbreek of baie verouderd is. Die opkomende produsente kry dan nie die korrekte agronomiese aanbevelings nie, wat hulle dadelik op die agtervoet plaas. Kynoch se filosofi e is dat daar geen onderskeid is tussen kommersiële en opkomende produsente se kunsmisaanbevelings nie.

Ons landboukundiges neem natuurlik elke boerdery en projek se unieke omstandighede in ag met die samestelling van aanbevelings.

As gevolg van fi nansiële beperkings was die kwaliteit van die kunsmis ook gereeld ’n probleem wat opbrengste nadelig beïnvloed het. As verantwoordelike vennoot in die projekte is kwaliteitkunsmis vir Kynoch ononderhandelbaar. Die sosialeverantwoordelikheidsprojekte se kunsmis word by Kynoch se fasiliteite vervaardig met dieselfde rou materiaal en kwaliteit as vir kommersiële kliënte. Die plantmengsel en bobemesting word volgens agronomiese beginsels aanbeveel en volgens die aanbevole kilogram per hektaar toegedien.

Een van die sosialeverantwoordelikheidsprojekte waarop Kynoch uiters trots is om betrokke te wees, is Graan SA se eenhektaarprojek.

Kynoch is tien jaar gelede deur Graan SA genader om deel van die Beyond Abundance-projek te word. Die projek behels dat bestaansboere oor die hele Suid-Afrika, maar hoofsaaklik in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo, wat eenhektaar- bestaansboerderye bedryf, voorsien word van kunsmis, saad, kalk en chemiese produkte in kleiner verpakkings as deel van die insetverskaffers se sosialeverantwoordelikheidsprogramme. Daar is streng kwalifi kasiekriteria waaraan voornemende deelnemers moet voldoen om tot die projek toegelaat te word.

Die uniekheid van die projek is dat daar van die produsente verwag word om vir ’n persentasie van die totale insette ’n fi nansiële bydrae te maak. Dit skep verantwoordbaarheid en ’n gevoel van eienaarskap vir die bestaansboere en dit is die sleutel tot sukses van die projek. Daar is letterlik ’n waglys om tot die projek toe te tree.

Die feit dat die produsente deur Graan SA se mentors bestuur en bygestaan word, is ook grootliks verantwoordelik vir die sukses van die projek. Die mentors het ten volle toegang tot Kynoch se landboukundige span vir bystand en advies. Die projek het ook toegang tot Kynoch se ekstensiewe verspreidingsnetwerk wat geografi es oor die hele projek versprei is. Die gevolg is dat beskadigde produkte, vinnig vervang kan word.

Van die projekte is in die mees afgeleë lokaliteite in die land, wat die vervoer van kunsmis ’n groot uitdaging maak. Van die aflaaipunte is letterlik in die “boendoes”. Saam met Kynoch se inhuisvervoermaatskappy,

Tengwa Transport, en hulle subkontrakteurs, word vragte so effektief moontlik gekombineer en na die verskillende afleweringspunte versend. Met die hulp van die Graan SA-mentors word die aflaaiproses vergemaklik en word daar ook beheer oor die hoeveelhede uitgeoefen.

Kynoch se betrokkenheid by die Graan SA-projek is steeds ons vlagskipsosiale-verantwoordelikheidsprojek. Die verskil wat in gemeenskappe se ekonomiese, sosiale en geesteswelsyn gemaak word, is onmeetbaar in fi nansiële terme en dit verskaf ons die grootste plesier om by nuwe projekte in die toekoms betrokke te raak.

 

Deur: Jakes Du Plessis: Kynoch

 

Kontak Kynoch op 011 317 2000 of info@kynoch.co.za

Send a Message
close slider

    Call Now Button