Die effek van swak gronddeurlugting en –verdigting op plant- en wortelgroei
27/08/2024
KUNDIGHEID maak só ’n verskil
12/09/2024
Die effek van swak gronddeurlugting en –verdigting op plant- en wortelgroei
27/08/2024
KUNDIGHEID maak só ’n verskil
12/09/2024

Mielies: Die 100 meter atleet

Inleiding

Met die onlangse olimpiese spele, nog vars in ons gedagtes, kan ons die mielieplant vergelyk met ‘n 100 meter atleet. Daar is baie eienskappe wat ooreenstem tussen ‘n mielieplant en ‘n 100 meter atleet. Die mielieplant is van natuur ‘n vinnige gewas, maar met die nuwe genetika van die ultra-vinnige kultivars word die mielie nog vinniger geteel. Ons het geleer dat die mielie sy opbrengspotensiaal baie vroeg in die seisoen vaslê, maar met die ultra-vinnige kultivars mag dit so vroeg wees soos die V3-groeistadium. Hierdie is op ‘n uiters vroeë stadium in die mielie se lewenssiklus en met diè deurslaggewende inligting verstaan ons dat die wegspring van die mielie net so krities belangrik is, soos wat dit vir ‘n 100 meter atleet is. Die mielieplant, of die atleet, kan die beste wees, die fikste wees en die beste genetika bevat, tesame met die beste afrigting, maar as hulle struikel in die begin van die wedloop gaan hulle nie tot die beste van hul vermoë kan presteer nie. Wanneer die afsitsteken afgaan, moet alles reg wees van die begin af, om die beste wegspring te kan verkry.  Die fotos hieronder wys hoe vroeg die mielieplant die pluim en die mieliekop begin vorm en onwikkel.

Kynoch Opti-Start

Die Opti-Start beginsel is ‘n holistiese benadering tot gewasproduksie wat Kynoch volg omdat gewasvoeding net ‘n deel uitmaak van die totale sukses; daarom word daar baie gefokus op die agronomiese aspekte van die boerdery om die beste wegspring vir die mielies te kan bied. Opbrengs word hoofsaaklik deur drie primêre faktore gedryf, naamlik klimaat, gewas en die grond. Die produsent het nie beheer oor klimaatsfaktore nie, maar kan wel die beste potensiaal skep om moontlike stresvolle weersomstandighede beter te kan hanteer. Gewasfaktore behels kultivar keuse, plantdiepte, plantestand, rywydte, wisselbou, onkruid- en plaagbeheer. Grondfaktore soos grondtipe, bewerking en saadbedvoorbereiding, asook water- en soutbestuur, moet ook in ag geneem word. Nadat al die agronomiese elemente in plek is, sal plantvoeding eers tot sy reg kom. Die “4R”-beginsel word in ag geneem wanneer besluite geneem word oor die mees beste kunmisopsie; met ander woorde, die (a) regte bron, (b) regte plek, (c) regte hoeveelheid, asook (d) die regte tyd. Al hierdie vier komponente moet in plek wees om verbeterde doeltreffendheid van kunsmis te bewerkstellig.

Kynoch-wegspring-produkte

Omdat mielie-wegspring binne ‘n gegewe seisoen van kardinale belang is, is dit noodsaaklik om die regte produkte te gebruik op die regte plek. Kynoch het ‘n wye verskeidenheid gespesialiseerde produkte van hoë-gehalte wat wetenskaplik geformuleer is om mielies die beste wegspring moontklik te kan gee. Kynoch bied die produsent ‘n tegnologies-gedrewe gestabiliseerderde ureum-korrelkunsmis (KynoPlus®) met verminderde verlies, en ook veiliger vir gebruik in plantmengsels. Die ULTRA®-reeks voorsien noodsaaklike mikro-elemente (op elke korrel) wat die potensiaal en wegspring nog verder verbeter. Die Miracle™ reeks het ‘n verbeterde kaliumbron, plus adisionele swael en silikon, en die CASUMA®-reeks bevat sekondêre elemente wat essensieël is vir ‘n goeie begin. Gesels verder met u Kynoch-landboukundige vir leiding oor pasmaak-produkte om saailinge te ondersteun, wortelgroei te stimuleer, saailinge te ondersteun teen vroeë stres-toestande (soos koue en nat weerstoestande); met ander woorde dus met ‘n beter wegspring soos die van ‘n sterker atleet.

Kynoch bied verbeterde doeltreffendheid deur innovasie. Dit sluit in ‘n reeks van deurdagte produkte vanaf die laagste vlak tot en met hoë-toegevoegde tegnologie, asook flinke en toegewyde diens.  U tevredenheid is vir ons belangrik.  Vir meer inligting kontak u Kynoch verteenwoordiger en/of landboukundige.  Saamgestel deur Jason Sparrow (SACNASP Nr: 400202/11; 0828055177; jason.sparrow@kynoch.co.za) en Edward Dwyer (SACNASP Nr: 148614; 0715494486; edward.dwyer@kynoch.co.za), Kynoch landboukundiges, Noord-Kaap.

 

KynoPlus® K8024 (Act 36 of 1947)

Ultra Starter® K9001 (Act 36 of 1947)

Kynoch Fertilizer (Pty) Ltd Registration Number: 2009/0092541/07

Kynoch – Verbeterde doeltreffendheid deur innovasie

Send a Message
close slider

    error: Content is protected !!
    Call Now Button