Die regte wegspring vir ’n wenner-oes.
20/03/2024
Die regte wegspring vir ’n wenner-oes.
20/03/2024

Kynoch se KynoFulvate Yellow:

Kunsmis vir elke klimaat!

 

deur Ashleigh Schubert

 

As jy op soek is na ’n kunsmis wat jou gewasse se vermoë tot spanningshantering gaan verhoog, het Kynoch die oplossing vir jou. Kynoch se KynoFulvate Yellow fulviensuur is die antwoord op vrae wat jy nie eers geweet het jy het nie.

 

Fulviensuur – hoe, wat en hoekom?

Volgens navorsing verhoog fulviensuur ’n plant se metabolisme. Hierdie geel-bruin vloeistof veroorsaak beter plantegroei en help die plant om spanningstoestande beter te hanteer.

Fulviensuur, anders as humiensure, is oplosbaar in suur- en alkaliese mediums.  Humiensure vervoer metaal-ione deur ’n komplekse verbinding en is te groot om deur selmembrane te beweeg. Fulviensuurmolekules, aan die ander kant, is klein genoeg om deur die mikroporieë van selmembrane te beweeg. Dit beteken dat fulviensure metaalione soos yster en mikro-elemente vir plantselle beskikbaar stel.

Verder lei fulviensure tot die verhoging van laterale wortelgroei, wortellengte en haarwortellengte. Laasgenoemde is baie belangrik vir goeie voedingstofopname. Op die wyse verbeter fulviensure die algehele wortelgroei.

Met iets so onvoorspelbaar soos reën, is die moontlikheid vir droogtes altyd daar. Daarom is dit nodig om te verseker dat jou plant gereed is om droogte te hanteer. Die KynoFulvate Yellow fulviensuur maak jou plant meer verdraagsaam teen droogtespanning deur die aminosure binne die selle van die plant te verhoog. Dit lei daartoe dat die plant steeds kan groei en ontwikkel ondanks droogtes.

Mikrobes gebruik fulviensure as ’n voedselbron. Dit maak daarom ’n belangrike deel uit van grondbiologie.

Fulviensure is maklik om te gebruik. Dit kan met suur- en alkaliese oplossings gemeng word, wat beteken dit kan met ’n verskeidenheid kunsmisoplossings gemeng word. Dit is egter wys om die mengbaarheid eers op ’n klein skaal te toets.

Om uitstekende resultate van fulviensuur te verkry, kan dit gebruik word in kombinasie met stikstoftoedienings.

Afhangend van waarvoor jy hierdie kunsmis wil gebruik, sal toediening verskil. Blaartoediening is byvoorbeeld anders as toediening vir sproeibemesting. Om meer inligting te verkry oor toediening vir blare, worteldeurweking, sproeibemesting en grondtoegediende vloeibare kunsmis, is die Kynoch webwerf uiters behulpsaam.

Hierdie Kynoch-kunmis is ’n moet-hê vir byna alle boere. Dit kan gebruik word in die meeste landbougewasse. Dit is perfek vir gewasse wat in hulle vestigingstadium is. As jou gebied geneig is tot uiterste klimaatstoestande, is hierdie die kunsmis vir jou.

 

Vir meer besonderhede, kontak 011-317-2000, info@kynoch.co.za of besoek www.kynoch.co.za.

 

’n Opsomming van die verskillende toedieningsmetodes vir hierdie kunsmis.

Send a Message
close slider

    error: Content is protected !!
    Call Now Button