Kunsmis / Bemesting vir Koring / Graan – Kynoch Kunsmis Produkte

Kynoch is ‘n voorste verskaffer van kunmis produkte, en bied ‘n reeks kunsmis produkte spesiaal geformuleer vir die nutrient behoeftes van koring gewasse. Kynoch verskaf dus innoverende and doelgemaakte produkte gemik op die behoeftes en groeifases van verskeie gewasse, insluitende koring. Dit beteken dat jou gewasse die nutriente sal ontvang wat hulle nodig het, op die tydstip wat die plante dit die nodigste het. Deur Kynoch se reeks bemesting produkte is jy verseker van ‘n verbeterde opbrengs en kwaliteit produk. Kry die meeste uit jou gewasse deur van Kynoch se kunmis produkte te gebruik vir jou boerdery.

Kynoch het ‘n volledige reeks kunsmis produkte ontwikkel wat voldoen aan spesifieke gewasse se behoeftes tydens spesifieke groeifases. Ons reeks produkte spesiaal geformuleer vir jou koring opbrengs sluit in:

  • KynoPlus™ of by-produkte en spesifieke KynoPlus™ mengsels
  • KynoPop™
  • Koring OEMFF® (vroeg en vlagblaar)
  • GreenGold®

In die koring plant is die aantal blare en spruite reeds bevestig tot op die stamverlenging stadium, in ander woorde, die grootte van die “fabriek”, sowel as die potensiele aantal ore. Tot op en tydens die vlagblaar fase word nutriente hoofsaaklik gebruik vir graan produksie en kwalitiet. Voedingstof-tekorte gedurende die vroeë groeistadiums sal grootliks die opbrengs beinvloed, terwyl nutrient tekorte na die vlagblaar stadium die graan opbrengs en spesifiek graan kwalitiet beinvloed.

Koring OEMFF ‘Early’ verbeter die effektiwiteit van die koringplant deur die verbetering van, onder andere, wortel ontwikkeling en chlorofil produksie vir fotosintese. Die Koring OEMFF ‘Vlagblaar’ kunsmis produk word spesifiek gebruik vir bestuiwing, bevrugting en graanproduksie fases onmiddelik na die vlagblaar stadium. Koring OEMFF bevat makro, sekondêre en mikro elemente in verhouding spesifiek voordelig vir koring, en kan gebruik word as ‘n algemene toediening, sou dit benodig word. Dit is baie gepas waar koring blootgestel was aan stres soos versuiping, droogte, koue, hitte of chemiese middele, en kan gebruik word onder kondisies met baie hoë / lae grond pH, waar daar problem kan voorkom in terme van mikro elemente.

Praat gerus met een van Kynoch se area bestuurders, verkoopspersone of landboukundiges vir meer inligting oor spesifieke kunsmis produkte wat na die spesifieke behoeftes van gewasse sal omsien – voorste kunsmis vervaardigers / verskaffers.

Stuur vir ons 'n epos:

Gesels met ons

011 317 2000
info@kynoch.co.za
Moet ons jou terugskakel?
Stuur vir ons 'n epos:

Kynoch Volhoubare Landbou





Human Check captcha