Kunsmis / Bemesting vir Groente – Kynoch Kunsmis Produkte

Kynoch se innoverende en doelgemaakte produkte maak dit moontlik om bemesting aan te wend volgens jou groente plante se behoeftes tydens spesifieke groeifases. Dit verseker dat jou groentes die voedingstowwe kry wat hul nodig het, op die stadium wat hul dit die nodigste het! Met Kynoch sy bystand op jou plaas, kan jy ‘n verbeterde doeltreffendheid, kwaliteit, asook opbrengspotensiaal van jou groente-opbrengs verwag.

Kynoch het ‘n reeks voedings produkte (kunsmis / bemesting) ontwikkel om te voldoen aan die spesifieke groeistadiums van spesifieke plante en gewasse, insluitende die verskeidenheid groenteplante. Ons verskaf die volgende reeks produkte wat spesifiek gemik is om die kwaliteit en die groei van jou groente te verbeter:

  • KynoPlusTM of by-produkte en spesifiek KynoPlusTM mengsels
  • KynoPopTM
  • Groente OEMFF®

Ons Groente OEMFF is spesifiek geformuleer vir groente, en is groeifase-spesifiek. Groente OEMFF vanaf Kynoch kan jou groente opbrengs ‘n hupstoot gee, om sodoende die beste uit jou plante te kry in elke groeifase.

Die Groente OEMFF reeks beskik oor drie doelgemaakte formules, insluitende Groente OEMFF ‘Beginner’, Groente OEMFF ‘vir Groei’ en Groente OEMFF ‘Vrugte’, wat dan die makro en mikro nutrient vereistes van die plant by ‘n spesifieke plantfenologiese fase aanvul. Dit ondersteun en verbeter die wortel ontwikkeling, groei, blomstadium en sel vergroting asook die verligting van gewas spanning , terwyl dit ook bydra tot uitstekende opbrengs en winste.

Die Groente OEMFF ‘Beginner’ is effektief in vroeë ontwikkelings fases waar die wortel ontwikkeling en die vestiging van die jong plantjie noodsaaklik is. Groente OEMFF vir Groei verbeter groei as gevolg van die spesifieke element komposisie, terwyl Groente OEMFF Vrugte ‘n belangrike rol speel in die blomstadium en sel ontwikkeling van vrugte en bolle.

Nota: Blaar bespuiting moet toegepas word in samewerking en ondersteuning van gewone bemesting metodes.

Praat gerus met een van ons plaaslike bestuurders , verkoopsspan of landboudeskundiges om uit te vind rakende die spesifieke kunsmis produkte wat aan jou spesifieke behoeftes sal voldoen – voorste kunsmis vervaardigers in Suid-Afrika.

Stuur vir ons 'n epos:

Gesels met ons

011 317 2000
info@kynoch.co.za
Moet ons jou terugskakel?
Stuur vir ons 'n epos:

Kynoch Volhoubare Landbou





Human Check captcha