pekans | Kynoch Fertilizer
Blaarbespuiting van Pekans – Wanneer en wat?
Blaarbespuiting van Pekans – Wanneer en wat?
Blaarvoeding in pekanverbouing is geen nuwe konsep nie en is ‘n belangrike manier vir die volhoubare en effektiewe bestuur van die gewas. Die effektiwiteit van blaarbespuitings word deur talle faktore beïnvloed, insluitend konsentrasie van die spuitoplossing, pH van die oplossing, klimaat, chemiese formulasie van spuitstof en byvoeging van opname verbeteraars. Dit is egter ook belangrik vir die produsent om ingelig te wees oor watter voedingselemente gespuit moet word en die korrekte toedieningstyd vir elke element. Belangrik om te onthou is dat blaarbespuitings nie ‘n vervanging van grondvoeding is nie, maar eerder ‘n gereedskapstuk om die produktiwiteit en kwaliteit van die pekanboom te verbeter. Jong blare, vroeg in die seisoen moet veral voorsien word van addisionele voedingstowwe omdat die ontwikkeling van die blare dikwels die voorsieningstempo van die boom se reserwes oorskry.
Gedurende die groeiseisoen van pekan is daar drie belangrike tye waartydens sekere voedingselemente toegedien kan word vir optimale reaksie in die pekanboom :
Stuifmeel bespuiting (September)
Gedurende die begin van die pekanseisoen is die sogenaamde “basbespuiting” van uiterse belang. Die bespuiting vind plaas gedurende die stadium waar ogies van die boom amper begin oop maak en blomme glad, nognie sigbaar is nie. Die teiken hier is nie die jong ontwikkelende blare nie, maar wel die blomknoppies. Sink, boor, koper en yster verseker die suksesvolle vorming en integriteit van stuifmeel. Dus, verseker dié vroeë seisoen bespuiting dat die bestuiwingsproses optimaal kan plaasvind en die fondasie van die oes goed vasgelê kan word.
Nuwe blaargroei (“flush”) bespuiting (Oktober-Desember)
Gedurende dié groeistadium van die boom is daar ‘n interaksie tussen die boom se behoefte vir sekere voedingstowwe en die omgewing, wat lei tot ‘n beperking in voorsieningstempo vanaf boomreserwes. Vroeg in die pekanseisoen groei die blare teen ‘n vinnige tempo en die voorsieningstempo van voedingstowwe uit die boom kan nie altyd byhou nie. Veral sink, speel hier ‘n belangrike rol. Jong blare benodig sink vir ontwikkeling en die vervaardiging van chlorofil om fotosintese te optimaliseer.
Energie bespuiting (Januarie-Maart)
Dié fase in ontwikkeling word gekenmerk deur neutset- en vergroting. Fosfaat voorsien die boom aan energie vir die suksesolle vul van neute. Stikstof, magnesium en sink verseker optimale fotosintese. Boor en nikkel verminder waterfase bars (“water-stage fruit split”) en ondersteun die ontwikkeling van sterk selwande. Kalium help met die vervoer van stysel en verseker suksesvolle vulling van die neute.
Kynoch bied ‘n verskeidenheid van blaarvoedingsprodukte, insluitend TREE NUT OEMFF FLUSH® en TREE NUT OEMFF FRUIT®. Beide is produkte wat ‘n verskeidenheid van makro- en mikro-elemente bevat wat pasmaak geformuleer is vir spesifieke toediening gedurende die groeiseisoen. KynoFulvate-Yellow® wat ‘n fulviensuur produk is, kan by blaarvoedings gevoeg word om opname van elemente te verbeter. Tesame met blaarvoeding is die toediening van ‘n seewierproduk, soos KynoKelp®, ook voordelig om wortelgroei te stimuleer en omgewing stresfaktore teen te werk. Kontak gerus jou naaste Kynoch verteenwoordiger vir pasmaak oplossings vir jou pekanboord.
Vir meer inligting, kontak Wian Visser, Kynoch Landboukundige, by 011 317 2000.
Kontak jou naaste Kynoch-landboukundige of verteenwoordiger om jou spesifieke behoeftes te bespreek.
Kontakbesonderhede kan gevind word by https://www.kynoch.co.za/contacts/
+27 (0)11 317 2000 – info@kynoch.co.za – www.kynoch.co.za
Kynoch Fertilizer (Pty) Ltd Reg No. 2009/0092541/07
Tree Nut Oemff Fruit® K11229 (Act 36 of 1947)
Tree Nut Oemff Flush® K11228 (Act 36 of 1947)
KynoFulvate Yellow® M261 (Act 36 of 1947)
KynoKelp® M314 (Act 36 of 1947)
The post Blaarbespuiting van Pekans – Wanneer en wat? first appeared on Kynoch Fertilizer.