mielie opbrengs | Kynoch Fertilizer

Kalium nodig vir optimale opbrengs
Kalium nodig vir optimale opbrengs

Kalium is een van die drie belangrikste primêre elemente wat ’n lewende plant benodig. Die meeste gewasse het ’n hoë kaliumbehoefte en boere moet hieraan aandag gee in hul bemestingsprogram.

Kalium kom vry en algemeen in die aardkors voor as deel van kleiminerale en onoplosbare mineraaldeeltjies. Hierdie kalium is gewoonlik ontoeganklik vir ’n plant en moet deur verwering afgebreek word om sodoende plantbeskikbaar te raak.

Die kalium in oplossing, asook die kalium op die uitruilkompleks, vorm deel van die poel plantopneembare kalium. Dié kalium, wat op die kleiminerale voorkom, word tydens ’n grondontleding gemeet.

Volgens J.J. van Biljon et al. is in 2008 bevind dat uit die 25 000 grondmonsters wat in die Vrystaat geneem is, daar by sowat die helfte ’n tekort aan kalium was. Die studie het bewys dat die drempelwaarde van kalium bo 125 mg/kg moet wees ten opsigte van die ammoniumasetaat- (NH4OAc) ekstraksiemetode.

’n Groot hoeveelheid kalium wat deur ’n gewas opgeneem word, word as graan verwyder.

Die afgelope 20 jaar het die gemiddelde mielie-opbrengs in Suid-Afrika van 2,7 ton/ha (2002-’03) tot 5,8 ton/ha (2022-’23) gestyg (sien GRAFIEK 1).

Die kaliumonttrekking is dus hoër, ’n uiters belangrike aspek wat boere in gedagte moet hou.

Sojabone word dikwels in die mieliegewasrotasiestelsel ingesluit danksy eersgenoemde se stikstofbindende vermoë, maar dit is een van die graangewasse met die hoogste onttrekkingsyfer van kalium. Dit onttrek 25-40 kg kalium/ton (Fertasa, 2016).

Kaliumtekorte verswak siekteweerstand en staanvermoë, en beperk ook ’n gewas se vermoë om stikstof te kan benut (Fertasa, 2016). Die feit dat kalium turgordruk in plante help reguleer en dus die oopen toemaak van huidmondjies bepaal, is ’n aspek waaroor teleurstellend min gepraat word.

Gevolge van tekorte

Kaliumtekorte by mielies word waargeneem as geel of nekrotiese blaarrande. Dit begin gewoonlik by die oudste blare aan die onderkant van die plant, gevolg deur verspreiding na die jonger blare. Indien die mieliekop oopgemaak word, is die pitte op die punt van die stronk kleiner en verkrimp.

Plante wat kaliumtekorte het, is ook geneig om maklik om te val.

Die beste manier om vas te stel of daar ’n kaliumtekort is, is om tydens blomtyd blaarmonsters van onder en langs die boonste kop te neem en na ’n geakkrediteerde landboulaboratorium te neem vir ontleding.

In GRAFIEK 2 word die gemiddelde kaliumvlakke van ’n paar landerye wat in 2012 die eerste keer chemies ontleed is, getoon. Die gemiddelde kaliumvlak was 139 mg/kg. In 2014 het die gemiddelde gedaal tot 98 mg/kg en in 2017 tot 60 mg/kg.

Kalium is van 2019 af aktief in die bemestingsprogram ingesluit. Dus het die kaliumvlak in 2020 tot 70 mg/kg gestyg en in 2023 tot 101 mg/kg.

Daar is altyd aanvaar dat daar genoeg kalium in die grond voorkom. Die reserwes is die afgelope paar jaar egter baie uitgeput deur die verhoogde gemiddelde opbrengs.

Kalium is uiters belangrik in gewasproduksie, daarom moet daar met groot sorg opgetree word om te verseker dat voldoende kalium vir optimale gewasproduksie in die grond voorkom.

Dit is van groot belang dat genoeg kalium by ’n gebalanseerde bemestingsprogram ingesluit word indien daar wel ’n tekort voorkom. ’n Beroep word op boere gedoen om in hierdie opsig ook voorkomend te beplan en nie net op tekorte te let nie.

Deur: Renier Bothma en Ruan Gagiano is landboukundiges by Kynoch Fertilizer.

Bronnelys

2016. Bemestingshandleiding. Agtste hersiene uitgawe. Pretoria, Suid-Afrika. J.J. van Biljon, D.S. Fouché en A.D.P. Botha.

Threshold values and sufficiency levels for potassium in maize producing sandy soils of South Africa. South African Journal of Plant and Soil, 25 (2). Sagis.

Historic Summary: Hectares & Production. www.sagis.org.za/Historic_Production_Info-2024-08-29.xlsx

The post Kalium nodig vir optimale opbrengs first appeared on Kynoch Fertilizer.

Mielies: Die 100 Meter Atleet – Gee Jou Gewas Die Beste Wegspring Met Kynoch
Mielies: Die 100 meter atleet

Inleiding

Met die onlangse olimpiese spele, nog vars in ons gedagtes, kan ons die mielieplant vergelyk met ‘n 100 meter atleet. Daar is baie eienskappe wat ooreenstem tussen ‘n mielieplant en ‘n 100 meter atleet. Die mielieplant is van natuur ‘n vinnige gewas, maar met die nuwe genetika van die ultra-vinnige kultivars word die mielie nog vinniger geteel. Ons het geleer dat die mielie sy opbrengspotensiaal baie vroeg in die seisoen vaslê, maar met die ultra-vinnige kultivars mag dit so vroeg wees soos die V3-groeistadium. Hierdie is op ‘n uiters vroeë stadium in die mielie se lewenssiklus en met diè deurslaggewende inligting verstaan ons dat die wegspring van die mielie net so krities belangrik is, soos wat dit vir ‘n 100 meter atleet is. Die mielieplant, of die atleet, kan die beste wees, die fikste wees en die beste genetika bevat, tesame met die beste afrigting, maar as hulle struikel in die begin van die wedloop gaan hulle nie tot die beste van hul vermoë kan presteer nie. Wanneer die afsitsteken afgaan, moet alles reg wees van die begin af, om die beste wegspring te kan verkry.  Die fotos hieronder wys hoe vroeg die mielieplant die pluim en die mieliekop begin vorm en onwikkel.

Kynoch Opti-Start

Die Opti-Start beginsel is ‘n holistiese benadering tot gewasproduksie wat Kynoch volg omdat gewasvoeding net ‘n deel uitmaak van die totale sukses; daarom word daar baie gefokus op die agronomiese aspekte van die boerdery om die beste wegspring vir die mielies te kan bied. Opbrengs word hoofsaaklik deur drie primêre faktore gedryf, naamlik klimaat, gewas en die grond. Die produsent het nie beheer oor klimaatsfaktore nie, maar kan wel die beste potensiaal skep om moontlike stresvolle weersomstandighede beter te kan hanteer. Gewasfaktore behels kultivar keuse, plantdiepte, plantestand, rywydte, wisselbou, onkruid- en plaagbeheer. Grondfaktore soos grondtipe, bewerking en saadbedvoorbereiding, asook water- en soutbestuur, moet ook in ag geneem word. Nadat al die agronomiese elemente in plek is, sal plantvoeding eers tot sy reg kom. Die “4R”-beginsel word in ag geneem wanneer besluite geneem word oor die mees beste kunmisopsie; met ander woorde, die (a) regte bron, (b) regte plek, (c) regte hoeveelheid, asook (d) die regte tyd. Al hierdie vier komponente moet in plek wees om verbeterde doeltreffendheid van kunsmis te bewerkstellig.

Kynoch-wegspring-produkte

Omdat mielie-wegspring binne ‘n gegewe seisoen van kardinale belang is, is dit noodsaaklik om die regte produkte te gebruik op die regte plek. Kynoch het ‘n wye verskeidenheid gespesialiseerde produkte van hoë-gehalte wat wetenskaplik geformuleer is om mielies die beste wegspring moontklik te kan gee. Kynoch bied die produsent ‘n tegnologies-gedrewe gestabiliseerderde ureum-korrelkunsmis (KynoPlus®) met verminderde verlies, en ook veiliger vir gebruik in plantmengsels. Die ULTRA®-reeks voorsien noodsaaklike mikro-elemente (op elke korrel) wat die potensiaal en wegspring nog verder verbeter. Die Miracle reeks het ‘n verbeterde kaliumbron, plus adisionele swael en silikon, en die CASUMA®-reeks bevat sekondêre elemente wat essensieël is vir ‘n goeie begin. Gesels verder met u Kynoch-landboukundige vir leiding oor pasmaak-produkte om saailinge te ondersteun, wortelgroei te stimuleer, saailinge te ondersteun teen vroeë stres-toestande (soos koue en nat weerstoestande); met ander woorde dus met ‘n beter wegspring soos die van ‘n sterker atleet.

Kynoch bied verbeterde doeltreffendheid deur innovasie. Dit sluit in ‘n reeks van deurdagte produkte vanaf die laagste vlak tot en met hoë-toegevoegde tegnologie, asook flinke en toegewyde diens.  U tevredenheid is vir ons belangrik.  Vir meer inligting kontak u Kynoch verteenwoordiger en/of landboukundige.  Saamgestel deur Jason Sparrow (SACNASP Nr: 400202/11; 0828055177; jason.sparrow@kynoch.co.za) en Edward Dwyer (SACNASP Nr: 148614; 0715494486; edward.dwyer@kynoch.co.za), Kynoch landboukundiges, Noord-Kaap.

KynoPlus® K8024 (Act 36 of 1947)

Ultra Starter® K9001 (Act 36 of 1947)

Kynoch Fertilizer (Pty) Ltd Registration Number: 2009/0092541/07

Kynoch – Verbeterde doeltreffendheid deur innovasie

The post Mielies: Die 100 Meter Atleet – Gee Jou Gewas Die Beste Wegspring Met Kynoch first appeared on Kynoch Fertilizer.