gewasveranderinge | Kynoch Fertilizer
BEMESTING: slaggate in interpretasies en aanbevelings
BEMESTING: slaggate in interpretasies en aanbevelings
’n Teken van die inligtingsera waarin ons leef, is die feit dat produsente goed ingelig is. In ’n oogwenk word inlighting vanaf webtuistes bekom. Dit bring mee dat ’n produsent sommer self ’n paar berekeninge kan maak oor bemesting. Die inligtingsera bevat egter ’n klompie slaggate waarvan gebruikers bewus behoort te wees. Insig in die waarom, hoekom en oorsprong van tabelle en norme is nodig vir veilige interpretasies.
’n Gewilde berekening wat gemaak word wanneer dit kom by mieliebemesting, is dié van peile vir stikstof (N), fosfaat (P) en kalium (K) deur verwyderingsyfers te gebruik en met verwagte opbrengs te vermenigvuldig (mielieverwyderingsyfers in Tabel 1 aangedui).
Die inligtingsera bring mee dat ’n produsent sommer self ’n paar berekeninge kan maak oor bemesting.
As voorbeeld kan die benadering vanuit Tabel 1 demonstreer word: die NPK-peile vir mieliegraanverwydering van ’n 5 t/ha-graanopbrengs word bereken deur vyf te vermenigvuldig met 14,8, 3,1 en 4 vir ’n bemestingsbenadering van ongeveer 74 kg N, 15,5 kg P en 20 kg K per hektaar. ’n Meerderheid van berekeninge aanvaar dus dat die hoeveelheid NPK-bemesting dieselfde as graanonttrekking gaan wees; dus ’n 1:1-verwantskap tussen graanverwydering en bemesting aan die grond. Hierdie is ’n “agteruit-boer”-handeling, aangesien (a) die verwydering van voedingselemente na plantmateriaal ook plaasvind en nie slegs na mieliepitte nie; asook (b) dat daar verliese in die grond plaasvind wat agterweë gelaat word.
Die netto effek is dat meer voeding onttrek word as wat gedeponeer word. Dit is om hierdie rede dat die N-aanbevelingstabel in Fertasa se Bemestingshandleiding (2016) nie net op opbrengs alleen berus nie, maar gegrond is op totale N-opname en N-lewering by verskillende klei-inhoude (Tabel 2).
Duidelik varieer die voorgestelde N-peile vanuit Tabel 2 vir ’n klei-inhoudreeks tussen 1% en +50%, tussen 123 en 60 kg/ha. Dit verskil betekenisvol van die berekende voorbeeld van 74 kg/ha N (soos bo), wat sal behels dat op kleigrond voldoende N voorsien sou wees, maar heeltemal te min op ’n sanderige grond. Van die 1:1-verhouding waarvan vroeër melding gemaak word, is daar tussen die genoemde N-peil-waardes oor klei-inhoud heen slegs sprake by meer klei-tipe gronde, maar geensins by sandgronde nie. Dit stem ooreen met die Mielie-inligtingsgids van die Landbounavorsingsraad (LNR) waarin melding gemaak word van stikstofbehoeftefaktore. In die geval van Tabel 2, is die N-behoeftefaktore in die syfers ingewerk.
In Fertasa se Bemestingshandleiding (2016) word ook aan duidings verskaf oor die hantering van bemestingsnorme vir P en K. Produsente word versoek om met kundiges te skakel en erkende publikasies te raadpleeg oor bemestingsnorme. Dit bly egter belang rik om voedingsvlakke in die grond deur erkende ekstraksies te laat bepaal en in ag te neem gedurende bemestingsberekeninge.
Bronne
1 Fertasa. 2016. Bemestingshandleiding.
2 LNR-Instituut vir Graangewasse. Mielie-inligtingsgids. Potchefstroom.
Deur: Chris Schmidt en Hentie Cilliers, Kynoch
The post BEMESTING: slaggate in interpretasies en aanbevelings first appeared on Kynoch Fertilizer.
KYNOCH se spesialisreeks verhoog voedingsdoeltreffendheid
KYNOCH se spesialisreeks verhoog voedingsdoeltreffendheid
Jason Sparrow Pr.Sci.Nat.
Die KYNOCH slagspreek: “Verbeterde doeltreffendheid deur innovasie” word nie net gesê nie, dit word toegepas met produkte wat waarde toevoeg en wat effektiwiteit verhoog om maksimum opbrengs te onsluit. Met die verhoogte inset kostes moet produsente alhoemeer risikos verlaag en bestuur.
Die gespesialiseerde Kynoch korrel (Ultra Reeks) en vloeibare (Opti en Auquatech) reekse is een van die bestuurs strategieë wat ‘n produsent kan gebruik om meer effektief te wees met voeding, asook om verliese te verlaag en beperk. Voedingselemente essensieel vir optimale gewas produksie word blootgestel aan verliese wat plaasvind in die grond. Verliese soos vervlugtiging, loging en vaslegging net om ‘n paar te noem, verlaag die doeltreffendheid van kunsmis drasties. Die grondchemiese en -fisiese eienskappe wat so ‘n groot rol speel, word in ag geneem met die formulering van die beste gewas-spesifieke voedingsprogram. Die diagram hieronder wys die voorbeeld van ‘n pyp met gate, en die gate simboliseer die verskeie verliese in die grond. Kynoch probeer die verliese beperk met korrekte toediening van gespesialiseerde produkte.
Die gespesialiseerde Kynoch korrel (Ultra Reeks) en vloeibare (Opti en Auquatech) reekse is een van die bestuurs strategieë wat ‘n produsent kan gebruik om meer effektief te wees met voeding, asook om verliese te verlaag en beperk. Voedingselemente essensieel vir optimale gewas produksie word blootgestel aan verliese wat plaasvind in die grond. Verliese soos vervlugtiging, loging en vaslegging net om ‘n paar te noem, verlaag die doeltreffendheid van kunsmis drasties. Die grondchemiese en -fisiese eienskappe wat so ‘n groot rol speel, word in ag geneem met die formulering van die beste gewas-spesifieke voedingsprogram. Die diagram hieronder wys die voorbeeld van ‘n pyp met gate, en die gate simboliseer die verskeie verliese in die grond. Kynoch probeer die verliese beperk met korrekte toediening van gespesialiseerde produkte.
Voordele van vloeibare kunsmis:
KYNOCH is baie trots op die gehalte van die vloeibare produkreeks en het van die beste voeibare aanlegte in Afrika. Met vloeibare kunsmis word hoogs plantopneembare nutriënte toegedien direk in die grondoplossing van die wortelsone of rhizosfeer. Dit verhoog die effektiwieit van die nutriënte want dit word dadelik opgeneem deur die wortels. Die vloeibare kunmis word ook op die regte groeistadiums van die gewas toegedien. Die voedingsdoeltreffendheid word verder verhoog deur verbeterde grond penetrasie in die wortelsone deur middele van die vloeibare kunsmis. Hierdie is veral voordelig met fosfaat wat baie moeilik beweeg in die grond. Nog ‘n groot voordeel van vloeibare kunsmis is dat dit maklik hanteerbaar is. Pompe en pype doen meeste van die werk en die toediening daarvan is ook baie akkuraat en egalig. Vloeibaar is ook baie aanpasbaar en daar is ‘n groot verskeidenheid produkte met kombinasies van makro-, sekondêre asook mikro-voedingselemente. Hierdie sinergie tussen die essensiële voedingselemente dra by om ‘n balanseerde voedingsbeginsel te kan volg. Hierdie beginsel maksimaliseer opbrengs en kwaliteit, terwyl verliese minimaliseer word. Die foto hieronder wys voorbeelde van die verskillende vloeibae produkte.
Kynoch spesialis vloeibare produk reeks (Opti en Aquatech):
Die toepassing van ‘n gebalanseerde voedingstrategie is een van die belangrikke voedingsbeginsels om te volg. Die interaksie tussen voedingselemente in kombinasie met mekaar in ‘n vloeibare mengsel is noodsaaklik vir plante op ‘n fisiologiese en biochemiese vlak. Vloeibare voedingsprodukte word dus volgens gewas en groeistadium spesifiek geformuleer. Daar is ‘n groot verskiendenheid van produkte met gespesialiseerde kombinasies nutriënte, toepasbaar vir alle omstandighede en gewasse. Kwaliteit vloeibare produkte is altyd die hoogste prioriteit by Kynoch met die gespesialiseerde HpH reeks wat geskik is vir spilpunttoediening asook plant mengsels vir planters. Die Kynoch “Opti” reeks is ‘n unieke reeks wat net by Kynoch beskikbaar is. Die “Opti” reeks gebruik nanotegnologie om die opname van voedingselemente deur die wortels te verbeter. Die tegnologie help ook om die voedingselement beter te verspei binnie-in die plantsel wat die funksionaliteit van die elemente verhoog. Nuwe studies bewys dat die “Opti” reeks verlaag ook die loging van die kunsmis wat ‘n ongelooflikke voordeel is, die grafiek hieronder wys dat na 4 weke die kunsmis nog nie geloog het nie, soos in vergelyking met die ander sonder die Opti.
Die Kynoch “Aquatech” reeks is ‘n spesialiteitsreeks wat uniek en pasgemaak is vir hoë waarde gewasse soos pekanneute, groente en vrugte. Die “Aquatech” reeks is ‘n lae-chloor, nitraat gebasseerde produk wat fokus op die noodsaaklikke katione soos kalium (K), kalsium (Ca) en magnesium (Mg).
Kynoch spesialis Korrel produk reeks (Ultra):
Gewasse het al die essensiële elemente nodig om optimaal te produseer en dit sluit mikro-elemente ook in. Die Ultra® reeks is ‘n doeltreffende manier om ‘n gebalanseerde voedingsbenadering te kan volg. Die Ultra® reeks bevat hoogs gekonsentreerde mikro-elemente wat die korrelkunsmis bedek. Die vlagskip uit die reeks is die Ultra Starter®.
Ultra 2:3:2 (Links) met ‘n baie sterker wortelstelsel teenoor waar ‘n ander kunsmismengsel gebruik was (Regs). Foto krediet: Edward Dwyer
Om verder inligting te bekom oor voedingsbegingsels, kontak gerus vir KYNOCH by 0828055177 of epos jason.sparrow@kynoch.co.za .
KYNOCH: Verbeterde doeltreffendheid deur innovasie.
Kontak jou naaste Kynoch-landboukundige of verteenwoordiger om jou spesifieke behoeftes te bespreek.
Kontakbesonderhede kan gevind word by https://www.kynoch.co.za/contacts/
+27 (0)11 317 2000 – info@kynoch.co.za – www.kynoch.co.za
The post KYNOCH se spesialisreeks verhoog voedingsdoeltreffendheid first appeared on Kynoch Fertilizer.
KynoPrecise – Die tegnologiese “oog”
Die tegnologiese “oog”
Die algemeen gebruiksterm, presisieboerdery, omsluit alles vanaf chemiese grondkaarte tot plaas-implemente.  Hoe meer presisieboerdery deur ‘n produsent toepas word, hoe groter word die behoefte na meer inligting, sinvolle hantering, asook stoorplek, hiervan.  Van bykans elke aksie wat op ‘n gegewe land of tydstip uitgevoer word, kan ‘n kaart gemaak word.  Die uitdaging is egter om al hierdie inligting op so ‘n manier te kan stoor, dat daar op enige tydstip vergelykings gemaak kan word, vir moontlik bemestingsbeplanningsaanpassings.  KynoPreciseTM is die ideale instrument vir hierdie uitdaging!
KynoPreciseTM is ‘n sagteware-toepassing wat beskikbaar is in die Apple iStore (Android weergawe word binnekort vrygestel) vir Kynoch kliënte.  Op die toepassing word gemerkte lande geregistreer om NDVI-beelde (normalized difference vegetation index images) vanaf twee verskillende satelliete, elke twee weke, te kan ontvang.  Hierdeur word tydige beelde verseker wat help om gewasveranderinge binne ‘n kort vensterperiode te kan uitwys.  Indien nodig, kan intydse bemestingsaanpassings gemaak word.  Die KynoPreciseTM-toepassing is dus baie handig om byvoorbeeld proewe op so ‘n wyse te kan monitor, of om op besproeiingslande probleme met besproeiingspakkete, waar byvoorbeeld te min, of te veel, water toegedien word, uit te wys (laer NDVI-lesings).  KynoPreciseTM het ook die vermoë om verskillende tipe kaarte met mekaar te vergelyk om te sien of daar ooreenstemming tussen afwykings, of verskynsels, is.  So word twee verskillende kaarte in Figure 1 en 2 met mekaar vergelyk.  In Figuur 1 word ‘n mielie-opbrengskaart gedurende die 2019 seisoen aangetoon.  Die rooi kleur dui ‘n laer opbrengs aan, terwyl die groen gedeeltes weer ‘n hoër opbrengs aandui.  In Figuur 2 word die land se bogrond-K-vlakke, aangedui.  Weereens word lae K-vlakke aangedui deur ‘n rooi kleur en hoë vlakke deur ‘n groen kleur.  In Figure 1 en 2 kan redelike goeie ooreenstemming tussen die beelde waargeneem word.
NDVI-beelde vanaf KynoPrecise
KynoPreciseTM is ‘n toepassing wat die produsent die vermoë gee om ‘n gewas se groei en ontwikkel gedurende ‘n seisoen te kan monitor.  So kan byvoorbeeld graanbemarkingsbesluite vergemaklik word.  KynoPreciseTM is beslis ‘n aanwins vir enige produsent.
Om meer hieroor uit te vind, skakel gerus:
PJ Fryer
pj.fryer@kynoch.co.za
+27 (0) 76 402 8445
The post KynoPrecise – Die tegnologiese “oog” first appeared on Kynoch Fertilizer.