Navorsing & Ontwikkeling

Kynoch is baie trots op ons navorsings- en ontwikkelingsvermoë. Ons het ‘n moderne kweekhuiskompleks, groeikamers en ‘n laboratorium waar ons verskillende groeitoestande kan naboots.

Ons het ook die veldtoerusting wat nodig is om wetenskaplike veldproewe met ‘n hoë mate van akkuraatheid onder ‘n wye verskeidenheid toestande te plant. Die toets van produkte onder veldtoestande op verskillende plase is die laaste stap in die ontwikkeling van produkte, om die voordeel van hierdie produkte aan die boer te bewys.

Produkontwikkeling is ‘n belangrike deel van Kynoch se belofte van ‘Verbeterde Doeltreffendheid deur Innovasie’ en met behulp van wetenskap, volg ons ‘n objektiewe proses om idees en produkte te toets. Dit stel ons in staat om keuses te maak wat ons boere van inligting sal voorsien wat hulle help om ingeligte en effektiewe besluite te neem.

Select a Language

Get the latest information from the S.A Health Department about COVID-19 - Learn More

Send a Message
close slider