Nuwe Kynoplus Pro® – Die Oplossing vir Ureumvervlugtiging
Ureum is ‘n koste-effektiewe stikstofbron, maar dit het die nadeel dat groot hoeveelhede stikstof verlore kan gaan deur vervlugtiging. Kynoch het hierdie uitdaging erken en het reeds in die verlede Kynoplus bemark. Verdere inovasie en verbetering het gelei to die bekendstelling van Kynoplus Pro, wat nog meer voordele bied. Kynoplus Pro® bevat twee aktiewe bestanddele, Anvol en NBPT, wat nog meer beskerming teen stikstofverliese bied en onder ‘n wye reeks toestande stabiel bly.
1. Ek het lae pH grond, daarom minder vervlugtinging
Lae pH Beperk Nie Vervlugtiging Nie
Navorsing toon dat ureum steeds vervlugtig, selfs by ‘n lae pH. Hoewel vervlugtiging met ‘n hoër pH toeneem, vind beduidende stikstofverliese steeds plaas teen ‘n lae pH. Kynoplus Pro® beperk hierdie verliese tot slegs 4%, wat beteken dat meer stikstof vir plantopname beskikbaar bly. (Universiteit van Federal de Santa Maria, 2020).
2. Ons ervaar nie uiterste hoe temperature nie
Temperatuur Beïnvloed Vervlugtiging
Hoe hoër die temperatuur, hoe groter die vervlugtiging. Vervlugtiging is by 28˚C en 38˚C getoets. Selfs by 28˚C was die verliese aansienlik. Die toetse het egter getoon dat Kynoplus Pro® hierdie verliese met tot 79% verminder, wat beteken dat stikstof meer doeltreffend benut word, ongeag die temperatuur. (Universiteit van Federal de Santa Maria, 2021).
3. Die Kunsmis word toegedien op droë grond
Droë Grond Waarborg Nie Minder Verliese Nie
Daar is ‘n wanpersepsie dat ureum nie vervlugtig as dit op droë grond toegedien word nie. Studies wys egter dat slegs 3mm vog voldoende is om die vervlugtigingsproses te aktiveer. In die navorsing het die produkte vir 60 dae op die grondoppervlak gelê voordat die 3mm vog toegedien was. Self na die 60dae het Kynoplus Pro® stikstofverliese met 78% verminder. (Universiteit van Federal de Santa Maria, 2024).
4. Ons besproei ommidelik na toediening
Besproeiing Na Toediening Is Nie Genoeg Nie
Sommige boere glo dat besproeiing ureumvervlugtiging heeltemal kan voorkom. Toetse toon egter dat selfs met 10mm besproeiing, noemenswaardige verliese steeds plaasvind. Kynoplus Pro® verseker ‘n meer doeltreffende beskerming teen hierdie verliese. (Universiteit van Federal de Santa Maria, 2022).
5. Kunsmis word ingewerk
Inwerking van Kunsmis Verminder Nie Altyd Verliese Nie
Terwyl sommige glo dat die inwerking van ureum vervlugtiging heeltemal voorkom, toon navorsing dat met ‘n 5cm bewerking aansienlike verliese steeds plaasvind, selfs met bewerking. Kynoplus Pro® help om hierdie verliese verder te beperk, wat beteken dat meer stikstof vir plantopname beskikbaar bly. (Universiteit van Federal de Santa Maria, 2022).
6. Ek gee net meer kunsmis
Meer Ureum Is Nie Die Oplossing Nie
‘n Algemene wanopvatting is dat hoër ureumdosisse verliese kan vergoed. Navorsing wys egter dat hoër konsentrasies die vervlugtigingsproses versnel, wat selfs groter verliese veroorsaak. In die navorsing het die verliese gestyg vanaf 36% by 30kgN/ha tot 52% by 150kgN/ha. Met Kynoplus Pro® kan jy minder stikstof verloor en ‘n beter opbrengs verseker. (Zheng et al., 2018, Biology and Fertility of Soils.54: 411-422).
7. Ek gebruik ammonium nitraat
Verbeterde Stikstofopname en Hoër Opbrengste
Toetse toon dat plante hoër stikstofvlakke het wanneer Kynoplus Pro® gebruik word, in vergelyking met ander stikstofbronne. Dit beteken verbeterde voeding en uiteindelik ‘n hoër opbrengs vir boere. (Otto et al., Foundation for Agricultural and Forestry Studies and Research, 2022)
Maksimeer Jou Stikstof – Maksimeer Jou Opbrengs
In die grafiek is dit duidelik dat die voordeel van Kynoplus Pro deurtrek tot by die opbrengs toe. Die verskil kan oor verskeie stikstofpeile en seisoene gesien word.
Navorsing bevestig dat ureumvervlugtiging steeds ‘n groot uitdaging is onder verskeie omstandighede. Kynoplus Pro® bied ‘n bewese oplossing om verliese te verminder en opbrengste te maksimeer. Moenie verliese aanvaar as ‘n gegewe nie—Kynoplus Pro® is die sleutel tot doeltreffende stikstofbenutting en verbeterde winsgewendheid!
Besoek ons by NAMPO in die buitelugarea binne Gebou A15 om meer te leer oor hierdie baanbrekende produk.
Outeur: Hentie Cilliers, Optimizer Landboukundige by Kynoch
Kynoplus Pro® (Anvol) registrasienommer M295 volgens Act 36 van 1947