hulpbronoptimering | Kynoch Fertilizer
BEMESTING: slaggate in interpretasies en aanbevelings
BEMESTING: slaggate in interpretasies en aanbevelings
’n Teken van die inligtingsera waarin ons leef, is die feit dat produsente goed ingelig is. In ’n oogwenk word inlighting vanaf webtuistes bekom. Dit bring mee dat ’n produsent sommer self ’n paar berekeninge kan maak oor bemesting. Die inligtingsera bevat egter ’n klompie slaggate waarvan gebruikers bewus behoort te wees. Insig in die waarom, hoekom en oorsprong van tabelle en norme is nodig vir veilige interpretasies.
’n Gewilde berekening wat gemaak word wanneer dit kom by mieliebemesting, is dié van peile vir stikstof (N), fosfaat (P) en kalium (K) deur verwyderingsyfers te gebruik en met verwagte opbrengs te vermenigvuldig (mielieverwyderingsyfers in Tabel 1 aangedui).
Die inligtingsera bring mee dat ’n produsent sommer self ’n paar berekeninge kan maak oor bemesting.
As voorbeeld kan die benadering vanuit Tabel 1 demonstreer word: die NPK-peile vir mieliegraanverwydering van ’n 5 t/ha-graanopbrengs word bereken deur vyf te vermenigvuldig met 14,8, 3,1 en 4 vir ’n bemestingsbenadering van ongeveer 74 kg N, 15,5 kg P en 20 kg K per hektaar. ’n Meerderheid van berekeninge aanvaar dus dat die hoeveelheid NPK-bemesting dieselfde as graanonttrekking gaan wees; dus ’n 1:1-verwantskap tussen graanverwydering en bemesting aan die grond. Hierdie is ’n “agteruit-boer”-handeling, aangesien (a) die verwydering van voedingselemente na plantmateriaal ook plaasvind en nie slegs na mieliepitte nie; asook (b) dat daar verliese in die grond plaasvind wat agterweë gelaat word.
Die netto effek is dat meer voeding onttrek word as wat gedeponeer word. Dit is om hierdie rede dat die N-aanbevelingstabel in Fertasa se Bemestingshandleiding (2016) nie net op opbrengs alleen berus nie, maar gegrond is op totale N-opname en N-lewering by verskillende klei-inhoude (Tabel 2).
Duidelik varieer die voorgestelde N-peile vanuit Tabel 2 vir ’n klei-inhoudreeks tussen 1% en +50%, tussen 123 en 60 kg/ha. Dit verskil betekenisvol van die berekende voorbeeld van 74 kg/ha N (soos bo), wat sal behels dat op kleigrond voldoende N voorsien sou wees, maar heeltemal te min op ’n sanderige grond. Van die 1:1-verhouding waarvan vroeër melding gemaak word, is daar tussen die genoemde N-peil-waardes oor klei-inhoud heen slegs sprake by meer klei-tipe gronde, maar geensins by sandgronde nie. Dit stem ooreen met die Mielie-inligtingsgids van die Landbounavorsingsraad (LNR) waarin melding gemaak word van stikstofbehoeftefaktore. In die geval van Tabel 2, is die N-behoeftefaktore in die syfers ingewerk.
In Fertasa se Bemestingshandleiding (2016) word ook aan duidings verskaf oor die hantering van bemestingsnorme vir P en K. Produsente word versoek om met kundiges te skakel en erkende publikasies te raadpleeg oor bemestingsnorme. Dit bly egter belang rik om voedingsvlakke in die grond deur erkende ekstraksies te laat bepaal en in ag te neem gedurende bemestingsberekeninge.
Bronne
1 Fertasa. 2016. Bemestingshandleiding.
2 LNR-Instituut vir Graangewasse. Mielie-inligtingsgids. Potchefstroom.
Deur: Chris Schmidt en Hentie Cilliers, Kynoch
The post BEMESTING: slaggate in interpretasies en aanbevelings first appeared on Kynoch Fertilizer.
Kynoch – ‘n EENSTOP vir DIENSTE en OPLOSSING
Kynoch – ‘n EENSTOP vir DIENSTE en OPLOSSING
Kynoch Kunsmis streef na innovasie en waardetoevoeging vir die produsent. Daarom is dit vir ons belangrik om die produsent te kan ondersteun met die hele ketting van ontsluiting van hulpbronwaarhede en –inligting, gevolg deur waardetoevoeging afronding. Hou in gedagte dat ontledings die waarheid “praat”. Die onsluiting van hulpbronwaarhede en –inligting word gevind, eerstens in die bepaling van grondgebruiksinligting (grondopname) en dan tweedens deur chemiese monsterneming. Deurdagte voedingsvoorstelle ten opsigte van die gewas wat verbou gaan word rond die diens af.
Grondgebruiksinligting (Grondopname)
Dit is noodsaaklik vir die produsent om die hulpbronne waarop hy boer, te ken en te verstaan, om dit sodoende reg en optimaal te kan aanwend en te bestuur.  Die GETAILLEERDE GRONDOPNAME VERSLAG bevat die plaaskaart, grondvorms gevind op die gekarteerde area/s, effektiewe diepte van elkeen, die plantbeskikbare water wat die gronde kan huisves (ingesluit droogte interpretasie), ‘n aanduiding van die natheidsindeks van die gronde (tekens van natheid in die profiel), bewerkingsdiepte en –strategie, verdigtingsrisiko van gronde, en ook sones met hoë risiko vir gewasverbouing. Enkele ander kaarte is ook deel van die professionele uitdruk wat die produsent ontvang. Kaarte word elektronies vrygestel met ‘n opsie vir ‘n netjies gebinde boek. Die produsent kan nou risikos van toepassing op die grondhulpbron in perspektief plaas en bestuur vereenvoudig.  Dit behels dus dat geen onnodige onrealistiese verwagtings van sekere grondsones geskep word nie.
Chemiese monsterneming
Kynoch bied teen hoogs kompeterende pryse in die mark, en ook vinnige omdraaityd, monsterneming vir chemiese ontledings.  Dit kan gewone “boeremonsters” wees, of roostermonsterneming (“grid sampling”) volgens verskillende ruitgroottes, naamlik kwart-, half-, een-, twee- of vier-hektaar. Dit is belangrik vir ons om die ontledings by plaaslike, onafhanklike laboratoriums te laat doen.  Ekstraksiemetodes waarvoor Suid-Afrikaanse norme bestaan, word gebruik en ook so aan die produsent geadviseer. Kynoch wil nie net die verskille op kaarte raaksien nie, maar wil ook na aanleiding van die verskille maar akkurate bemestingsvoorstelle lewer. Soos met enige billike handelstransaksie, stel Kynoch die roudata aan die produsent beskikbaar. Insoverre dit die voorstelle van kalkgebruik, vir die opheffing van grondsuurheid, aangaan, bestaan geen vaste ooreenkomste met kalkmaatskappye nie.  Die kalk se eienskappe (ingesluit effektiwiteit), tesame met logistiek, word in ag geneem tydens ‘n bekalkingsvoorstel.  Omdat Kynoch gebruik maak van ekstraksiemetodes met Suid-Afrikaanse norme, word die beste waarde vir geld aan die produsent deurgegee.
Na ontleding by die landbou-laboratorium word verskillende chemiese kaarte opgestel, ingesluit sogenaamde regstellingskaarte. Kaarte word elektronies vrygestel met ‘n opsie vir ‘n netjies gebinde boek.
Deurdagte voedingsvoorstelle (en stresbestuur)
Na aanleiding van die spektrum van grondchemiese en –fisiese inligting, met inagneming van die gewas wat die produsent wil plant, kan die Kynoch Landboukundige ‘n plantvoedingsoplossing skep en voorstel.  Dit behels grondaanpassings (“regstellings”), hetsy voedingselemente, of bekalking.  Daarna word besluit op planterkunsmis ingesluit dit wat of vooraf toegedien word, of as bo-bemesting toegedien word (dalk beide). Die beste en mees geskikte opsies binne die Kynoch spektrum van produkte is beskikbaar, of voorskrifmengsels kan oorweeg word. Die produsent wil graag ‘n plant vestig met soveel wortels as moontlik, vir die skep van meer wortel-grond-kontak met beter water- en voedingselement-benutting.  Die interne hormoonproduksie binne die plant (wortels en bogronds) word ook verbeter. Na opkoms bestuur gaan grootliks oor die plant se gesondheid en afronding. Risiko kom dikwels vanuit die oord van klimaat (te droog of te nat) en biostimulante is hier handig. Dink gerus aan Kynoch se KynoKelp, KynoFulvate, RootBoost, Ultra-voedingselemente naby die wortels, wye Kynoch Oemff-reeks keuse, asook ander spesifieke element-produkte.
Saamgestel deur Dr Chris Schmidt (0828858134; chris.schmidt@kynoch.co.za) en Renier Bothma (0842470683; renier.bothma@kynoch.co.za), landboukundiges by Kynoch Kunsmis.
The post Kynoch – ‘n EENSTOP vir DIENSTE en OPLOSSING first appeared on Kynoch Fertilizer.